Slimmighede van Rita Rudner, op die internet opgespoor:
* My kêrel en ek is uitmekaar. Hy wou trou en ek wou hom nie toelaat nie. -
Rita Rudner
* Ek wil kinders hê terwyl my ouers nog jonk genoeg is om vir hulle te sorg. -
Rita Rudner
En van Spike Milligan:
* Ek het die liggaam van 'n agtienjarige. Ek hou dit in die vrieskas. - Spike
Milligan
* Ek praat Esperanto soos 'n moedertaalspreker. - Spike Milligan
* Kom of gaan jy? Moet ek oorpluisies kry? - Spike Milligan
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van HermanH, uit Clean Laffs:
My vrou het my gesê dat ek oor nege maande vir die eerste keer pa gaan
word. Die slegte nuus is dat ons reeds twee kinders het. - Brian Kiley
* * *
Kampeerwenke
Vraag: Watter apparaat sal ek benodig as ek gaan kampeer? Antwoord: 1.
Jy benodig 'n tent. Tentgroottes word in eenhede van mans gemeet, soos in
'drie-man-tent'; dit dui aan hoeveel mans nodig is om die tent op te slaan. As
hulle nie tentingenieurs is nie, moet jy die getal verdubbel. 2. Jy benodig ook
'n byl vir spinnekoppe. 3. 'n Kredietkaart, vir die naaste motel.
Vraag: Hoeveel kos behoort ek saam te neem? Antwoord: Baie. Jy moet
genoeg vir jou gesin saamneem, maar ook vir die plaaslike
muishondgemeenskap.
* * *
Uit Clean Laffs:
'n Nuwe studie het verskyn wat aantoon hoe gevaarlik kindergeboortes vir
vroue kan wees. Dit sluit in pelviese beserings, spierskeuring, en kinders. -
Conan O'Brien
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Wyshede vir die week:
* Kyk na markfluktuasies as jou vriend eerder as jou vyand; maak wins uit
dwaasheid eerder as om daaraan mee te doen. - Warren Buffett
* Eers wanneer die gety uitgaan ontdek jy wie het kaal geswem. - Warren
Buffett
* In die sakewêreld is die truspieëltjie altyd duideliker as die voorruit. -
Warren Buffett
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Gedig vir die week:
Die vuur brand laag
die winter koud
Julie is lank
ou Sampie oud
wies saans by die deur
wat wil hy hê
is aant binnetoe beur
wil laans my lê
Boerneef: Uit Mallemole
-----------------------------
*** As jy ooit agterkom jy kry nie elke week jou grappies nie, teken dan weer
in by http://grappies.com. Jy sal in die middel van die blad ;'n ikoon van 'n
gesiggie sien. Klik net daarop en volg die stappe. As jy enige vrae het,
moenie 'Reply' druk nie. Skryf aan my by griesel (by) regtewoord.co.za
*** Is jy op Facebook? Sluit gerus aan by ons humorgroep op Facebook:
skoongrappies dot com. Daar is volop humor in Afrikaans en Nederlands.
*** Jy is welkom om gratis van die grappe gebruik te maak in jou
radioprogram, nuusbrief of koerant. Gee net asb. 'n verwysing na
http://skoongrappies.com ;
*** Het jy vriende wat ook van grappe hou? Ons soek nuwe lede. Laat hom
of haar gerus weet om in te teken by http://skoongrappies.com ;
*** Vir skoon humor in Afrikaans en Nederlands, teken in op Griesel se
Graplys! Gaan na http://skoongrappies.com. Jy kan op dieselfde plek jou ;
voorkeure verander en na vorige uitgawes van die grapkas kyk.