Slimmighede en galgehumor van Rita Rudner:
Ek wou kinders gehad het, maar my vriendinne het my afgeskrik. Een van
my vriendinne sê my sy was in vir 36 uur in kraam. Ek wil vir 36 uur nie eens
iets wat vir my lekker is doen nie. - Rita Rudner
* * *
Ek het die ergste verjaarsdagpartytjie gehad toe ek 'n kind was omdat my
ouers huur 'n ponie gehuur het om op rond te ry. En hierdie ponies is nooit
baie gesond nie. Maar hierdie een val toe dood neer. Hierna was dit nie baie
pret nie. Een kind sou op hom sit en die ander het hom dan rondgesleep. -
Rita Rudner
* * *
Hulle het gewoonlik twee tellers in my plaaslike bank, behalwe wanneer dit
baie besig is. Dan het hulle net een. - Rita Rudner
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van HermanH, uit Clean Laffs:
Is almal hier bekend met Crocs? Wel,daar is 'n splinternuwe soort Crocs
bekendgestel: Crocs met hoë hakke! Hoëhakke-Crocs! Vir die vrou wat almal
wil laat onthou sy was die dronkste ma by die kind se swembadpartytjie. -
James Corden
***
Voor ek met vakansie gaan, doen ek toe die dom ding om na 'n
sonbrandsalon toe te gaan. Ek was te lank onder die ligte en die
beskermingskyfies wat ek oor my oë gehad het, veroorsaak toe dat ek 'n
groot wit sirkel om elke oog het. Toe ek myself in die spieël sien, lyk ek toe
nes 'n nar. Ek oortuig my toe dat ek heeltemal te selfbewus is. Maar die
volgende dag staan ek in 'n tou in die winkel, toe ek iemand aan my mou
voel trek. Dis 'n seuntjie. Hy vra my: 'Gee Tannie balonne?'
* * *
Volgens 'n nuwe opname gee minder as 2% van personeelbestuurders poste
aan graduandi met algemene BA-grade. Ek het toe hieroor by een of twee
van hierdie gegradueerdes navraag gedoen, en hulle sê toe: 'Met warm of
koue melk?' - Seth Meyers
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van RonaldR:
In China hebben ze een robot gemaakt, die tien misdadigers kon oppakken
in 5 minuten. In de Verenigde Staten 4 minuten en 9 misdadigers. In
Zuid-Afrika 1 minuut, en de robot was gestolen.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Vergeetgrappies, uit srikumar.com:
Kelner: 'Professor,het u iets vergeet?' Die vergeetagtige professor: 'Ek jou
mos wel 'n goeie fooitjie gegee, het ek nie?' Kelner: 'Ja, u het, Professor.
Maar u het vergeet om u middagete te eet.'
* * *
Die vergeetagtige professor kom sopnat gereën van die universiteit af. Sy
vrou: 'Hoekom is jou klere nat?' Prof: 'Ek het nie my sambreel gehad nie.'
'Hoekom het jy dan daarsonder in die reën geloop?' 'Ek het nie besef ek het
nie my sambreel oop nie. Ek het dit eers agtergekom toe ek dit nou voor die
voordeur probeer toemaak.'
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Wyshede vir die week, oor ouerskap:
Aangestuur deur RonaldR :
* Ouers is die laaste mense op aarde wat kinders behoort te kry. - Samuel
Butler
* As jy nooit jou kind gehaat het nie, was jy nooit 'n ouer nie. - Bette Davis
* Om 'n suksesvolle pa te wees, is daar een absolute reël: ignoreer die kind
vir die eerste twee jaar. -Ernest Hemingway
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Versreëls vir die week:
Niks hang so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier
niks staan so geel soos herfspamplier by Dwarsrivier op Ceres
slaan rem aan hou jul asem in en kyk en kyk
lank en eerbiedig soos `n mens na so `n herfs moet kyk
laat dit inbrand in jou vir later tyd
die warm geel en rooi vir latenstyd
Boerneef
------------------------
*** Ek benodig nog grappies vir November se uitgawes, en gepaste
grappies vir Desember. Om met my te korrespondeer, moenie net 'Reply'
druk nie. Die adres sal dalk nie werk nie. Skryf aan my by: griesel (by)
regtewoord . co . za
*** Vir skoon humor in Afrikaans en Nederlands, teken in op Griesel se
Graplys! Gaan na http://skoongrappies.com. Jy kan op dieselfde plek jou ;
voorkeure verander en na vorige uitgawes van die grapkas kyk.