Van RiaanC:
Nuusberig: 'n Man het 'n oordosis Rennies gedrink. Om hom te stabiliseer
moes die paramedici met hom na King Pie toe jaag.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van HermanH, uit Clean Laffs:
'n Sewejarige seuntjie is aan tafel met sy ouers. Skielik kondig hy aan: 'Ek en
Jansie langsaan gaan trou!' 'O?' sê die ma, geamuseerd, 'En hoe oud is
Jansie?' 'Ses,' antwoord die seuntjie. 'Wel,' sê die pa: 'Wat gaan jy doen om
geld te kry?' 'Ek kry vyf dollar sakgeld per week,' sê die seuntjie, 'en
Jansie
kry twee. Ons het uitgewerk dat as ons saam maak, sal ons genoeg hê.' 'Ek
sien,' sê die pa. 'Maar sê nou julle het kinders?' 'Wel,' sê die seuntjie,
'tot
nou toe was ons gelukkig...'
* * *
Werknemers by 'n Domino-Pizza het 'n klant se lewe gered deur oor hom
navraag te doen toe hulle nie van hom gehoor het nie. Hy het nl. elke dag,
die afgelope 10 jaar, 'n pizza bestel. Nie 'n woord oor wat hy makeer het nie,
maar ek raai dit het iets te doen met 'n pizza elke dag vir 10 jaar... - Jimmy
Fallon
* * *
Wetenskaplikes beweer hulle het daarin geslaag om 'n geheue uit die brein
van een seeslak in 'n ander een oor te plant. Of, meer waarskynlik, alle
seeslakke leef identiese lewens. - Seth Meyers
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Vergeetgrappies, uit srikumar.com:
Vergeetagtige professor 'Ag nee! Iemand het my beursie gesteel!' Sy vrou:
'Het jy nie 'n hand in jou sak gevoel nie? Professor: 'Ek het, maar ek het
gedink dit was MY hand!'
* * *
Het jy gehoor oor die vergeetagtige en senuweeagtige dokter wat, op sy
troudag, toe hy die ring vir sy vrou moes aansteek, haar pols gevoel het en
haar toe gevra het om haar tong uit te steek?
* * *
Verpleegster: 'Jy is die pa van 'n babaseuntjie!' Professor: 'Moenie my vrou
vertel nie, ek wil haar verras.'
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Uit ons argief van 5 Okt 2003, aangestuur deur HendrikW:
Toe haar egskeiding finaal bevestig is, gaan die dame registrasiekantore toe
om weer haar nooiensvan te kry. 'Is daar enige verandering van adres?' vra
die registrasieklerk.'Nee,' antwoord sy. 'O, dis goed,' kom die droë
kommentaar, 'dan het jy die huis gekry.'
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Uit ons argief van Oktober 2008:
Van LouisaH:
Watter soort dier is 'n leeu? 'n Karnivoor. En 'n bok? 'n Herbivoor. En 'n
bobbejaan? 'n Omnivoor. En 'n dinosaurus? 'n Komnivoor...
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van LindavH:
Hulle is geskei op grond van godsdienstige redes. Sy het geld aanbid, hy
het nie enige gehad nie.
* * *
Pa vertel sy kinders van die geboorte van J e s u s en die geskenke wat die
Wyse Manne uit die Ooste gebring het, Goud, Wierook en Mirre. Die klein
dogtertjie kyk haar pappa aandagtig aan en sê toe oplaas: 'n Wyse VROU
sou weggooidoeke gebring het!
* * *
Van HendrikW:
Dis waar, geld kan nie geluk koop nie. Maar dit kan die salarisse betaal van
'n groot navorsingspan wat die probleem ondersoek.
* * *
Terwyl 'n man omgewingsbewaring en al die vraagstukke rondom 'groen'
lewe met 'n vriend bespreek vra hy: 'En watter van ons natuurlike hulpbronne
dink jy sal die eerste gedaan wees?' 'Die belastingbetaler,' antwoord sy
vriend.
* * *
Van KoosS, uit Die Huisgenoot:
Vraag: Wanneer is 'n mens oud? Antwoord: Wanneer jou ou klasmaats so
grys en vol plooie en bles is dat hulle jou nie meer herken nie.
* * *
Gesien op 'n bordjie in 'n tuin: 'Ek is nog steeds 'n warm meisie. Dit kom nou
net in gloede.'
* * *
Van ManuB:
* Energiebedrijven leveren stroom, de tarieven zorgen voor de spanning.
* Oud zijn is voor mij 15 jaar ouder dan ikzelf.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Wyshede vir die week, oor kinders:
* Eindig altyd die naam van jou kind met 'n vokaal, sodat wanneer jy op hulle
skree, die naam sal dra. - Bill Cosby
* My kinders beskou die badkamer as 'n plek waar jy wag totdat al die
kruideniersware uit die kar gelaai is. - Erma Bombeck,
* Ek het met jou ma getrou omdat ek kinders wou hê; stel jou voor my
teleurstelling toe JY saamkom. - Groucho Marx
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Versreëls vir die week:
Eers borrel die giggel deur my are
En bars dan uit in skaterlag
Die duiweltjies dans 'n riel
In jou potblou oë
Tot hul uitspring
En saam kapperjol
Abjater kotteljons
Ria Burger: Abjater
------------------------
*** Om my te kontak, moenie net 'Reply' druk nie. Jou boodskap sal my
waarskynlik nie bereik nie. Skryf aan my by: griesel (by) regtewoord . co . za
*** Vir skoon humor in Afrikaans en Nederlands, teken in op Griesel se
Graplys! Gaan na http://skoongrappies.com. Jy kan op dieselfde plek jou ;
voorkeure verander en na vorige uitgawes van die grapkas kyk.
*** Hy jy vir my enige mooi Afrikaanse of Nederlandse versreëls?