Van HermanH:
ABC het planne laat vaar vir 'n musiekblyspel: 'The Little Mermaid' weens
finansiële redes. Ook, omdat hulle nie 'n aktrise kon kry wat haar asem onder
water vir twee ure lank kon ophou nie. - Jimmy Fallon
***
'n Skooldistrik in Florida gaan wegdoen met alle tuiswerk. Amptenare sê dis
goed omdat baie studente reeds op vyfdegraadvlak lees. Al probleem is die
meeste van daardie studente is in die tiende graad. - James Corden
***
Wal-Mart toets 'n app wat dit vir klante moontlik sal maak om die kasregister
te omseil. Tans staan dit bekend as 'winkeldiefstal'. - Conan O'Brien
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Gewaagde een van FrancoisdP:
Hulle reken die grootste enjin in die wêreld is in Pretoria op Loftus.
As die Bulle 'n drie druk spring 72 000 tappets op en af.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van ManuB, uit De Druivelaar:
(Afrikaners: failliet = bankrot; ploeg = span; straf = ongerymd)
'Eindelijk zijn we van onze geldzorgen verlost,' zegt Laermans tegen zijn
vennoot. 'Dat is goed nieuws,' antwoordt hij, 'hoe heb je dat klaargespeeld?'
'We zijn failliet', zegt Laermans
* * *
De ploegbaas gaf Hendriks een berisping en zei: 'Dat is toch wel straf,
Hendriks. Jij komt altijd een kwartier te laat op het werk, en dat terwijl je
maar
100 meter hiervandaan woont! En Pieters, die 40 km verder woont, is altijd
op tijd!' 'Maar dat is tog niet straf,' antwoordt Hendriks, 'als hij 's
morgens
een beetje te laat is, kan hij wat gas geven, maar als ik te laat ben, dan ben
ik hier al!'
~~~~~~~~~~~~~~~~~
Uit ons argief van Oktober 2009:
Van BrianB:
Die dominee ontmoet 'n lidmaat vir die eerste keer. Om 'n geselsie aan te
knoop, vra hy die voorbeeldige dame hoe dit met haar seun gaan. Sy wil ook
nie jok nie en antwoord: 'Soos met Paulus .... kort-kort in die tronk.'
* * *
'Ek verwys jou na 'n internis in die stad, tant Lenie. Laat hom jou simptome
uitsorteer, hy is baie slimmer as ek.' 'Nee Dok, ek sien nie kans nie, want
hoe moet ek nou in Ingels vir hom sê van die hol kol op die krop van my
maag?'
* * *
Dokter: 'Ja, ek hoor jy hoes so erg, hoes jy iets uit?' 'Ja dokter, ek
hoes my vrou uit die kamer uit.'
* * *
Van HennieK:
Die ou parkeer in die parkeerterrein - sy hond lê uitgestrek op die agterste
sitplek. Hy draai die vensters 'n aks af, klim uit en, terwyl hy die kar sluit
sê
hy vir die hond: ' Bly nou net hier. Bly! Bly! ' Die blondine in die motor
langsaan is net besig om in te klim, en sy sê 'Haai, hoekom trek jy nie net die
handbriek op nie?'
* * *
'n Predikant koop 'n papegaai. 'Is jy seker hy vloek, nie?' vra die predikant.
'O, absoluut. Dis 'n godsdienstige papegaai,' verseker die winkelier hom,
'Sien u daardie toutjies aan sy pote? As jy die een trek, sê hy die Tien
Gebooie op. As jy die ander een trek sê hy Psalm 23 op.' 'Wonderlik!' sê die
predikant, 'Maar wat gebeur as jy albei toutjies trek?' 'Dan val ek van my
stokkie af, jou $%^&*!' skree die papegaai.
* * *
Van AndréS:
Ouers wat duidelik nie gereeld kerk toe gaan nie, beland met kinders en al in
'n nagmaaldiens. Met die bediening van die wyn, sê die seuntjie kliphard:
'Hey Pa, hulle het shooters!'
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Wyshede vir die week, van Mae West:
* Jy leef net een maal, maar as jy dit reg doen is een maal genoeg.
* Meisies wat met vuur speel moet onthou dat hulle rook in die oë kry.
* Alle 'gedumpte' verliefdes behoort 'n tweede kans te kry, maar met iemand
anders.
------------------------
*** Om met my te korrespondeer, moenie net 'Reply' druk nie. Die adres sal
dalk nie werk nie. Skryf aan my by: griesel (by) regtewoord . co . za
*** Vir skoon humor in Afrikaans en Nederlands, teken in op Griesel se
Graplys! Gaan na http://skoongrappies.com. Jy kan op dieselfde plek jou ;
voorkeure verander en na vorige uitgawes van die grapkas kyk.