Video aangestuur deur LouisaH:
(Nederlanders: hoender = kip)
Ek het niks teen Nando's en KFC nie, maar Woolies se hoender, kan jy proe,
is deur albei ouers grootgemaak...
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van DaleneVEdW:
Gesien op my blonde vriendin se Facebookblad:
WAARSKUWING, LEES ASB.! As iemand jou voordeurklokkie lui, en vra dat
jy al jou klere uittrek en in jou voortuin dans met jou arms in die lug, MOET
DIT NIE DOEN NIE! Dis 'n SCAM!! Hulle wil jou net kaal sien!! Asseblief sê
jou familie en vriende - ek wens EK het hierdie boodskap betyds ontvang,
voor gister.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van FrancoisDP:
As jy die briek en petrol gelyk intrap, neem jou kar 'n screenshot. Probeer
dit.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van DouweVDV, op FB:
YES! ...Vandaag al 5 maanden frisdrank en alcohol vrij! En al 5 maanden
zonder suiker, chocolade, chips, borrelhapjes, snacks of snoep. Ik voel me
echt supergezond, ben afgevallen en mijn gedachten zijn alleen maar
positief. Ik kook alleen nog maar met biologische ingrediënten en altijd
volgens de schijf van vijf. Ik sport nu minimaal 1,5 uur per dag, het liefst zo
vroeg mogelijk op de dag. Ik ga nu altijd op tijd naar bed en slaap minimaal 8
uur per nacht. En ik ben echt supergemotiveerd om zo door te gaan!
Ik heb werkelijk geen idee wiens verhaal dit is, maar er stond bij 'KOPIËREN
EN DELEN' ...dus dat heb ik maar weer even gedaan
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Uitsprake van Rodney Dangerfield, uit thoughtco.com:
My vrou is 'n slegte kok...
* Ek glo nie frikadelle behoort in die donker te gloei nie.
* Sy spesialiseer in slegte spysvertering.
* Ons brak is die enigste een wat vir Alka-Seltzer bedel.
~~~~~~~~~~~~~~~~~
Wyshede vir die week, aangestuur deur RonaldR:
* Wyse mense praat omdat hulle iets het om te sê; dwase praat omdat hulle
iets moet sê. - Plato
* Die meeste mense geniet die minderwaardigheid van hul beste vriende. -
Lord Chesterfield
* Geen mens het seker ooit 'n vriend gehad wat hy nie 'n bietjie 'n gly in
gehad het nie. - Edgar Howe
------------------------
*** Vir skoon humor in Afrikaans en Nederlands, teken in op Griesel se
Graplys! Gaan na http://skoongrappies.com. Jy kan op dieselfde plek jou ;
voorkeure verander en na vorige uitgawes van die grapkas kyk.
*** Ek benodig nog grappies vir November se uitgawes. Om met my te
korrespondeer, moenie net 'Reply' druk nie. Die adres sal dalk nie werk nie.
Skryf aan my by: griesel (by) regtewoord . co . za
*** Is jy op Facebook? Sluit gerus aan by ons humorgroep op Facebook:
'skoongrappies dot com.' Daar is volop humor in Afrikaans en Nederlands.
*** Jy is welkom om gratis van die grappe gebruik te maak in jou
radioprogram, nuusbrief of koerant. Gee net asb. 'n verwysing na
http://skoongrappies.com ;