Van RonaldR:
'Geloof jij dat trouwen op vrijdag de dertiende ongeluk brengt?' 'Natuurlijk,
waarom zou die dag een uitzondering zijn ? "
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Aanhalings van Phyllis Diller, uit azquotes.com:
* Ek het eenmaal 'n `peekaboo´-bloes gedra. Mense het ge-`peek´ en dan
het hulle ge-`boo´.
* Die dokter ondersoek my deeglik. Ek sê: Is daar enige hoop? Hy sê: Ja.
Reïnkarnasie.
* Ek spandeer sewe uur in 'n skoonheidswinkel... En dit was net vir die
kwotasie. - Phyllis Diller
* Ek word nie genoem in 'Wie's Wie' nie, maar wel in 'Wat's Dit?' - Phyllis
Diller
~~~~~~~~~~~~~~~~~
Gesien op FB:
Ek gaan Sondagmiddag, die 2de November 2019, BRAAI by my huis. Ons
gaan ook swem, mooi musiek speel, dans en groot verskeidenheid bykosse
hê. As julle vry is en dink dis 'n goeie idee, moet julle asseblief dieselfde
by
julle huise doen!
~~~~~~~~~~~~~~~~~
Op Facebook se 'skoongrappies dot com', van HermanH:
Hy in romantiese hoekie van 'n restaurant: 'Skat, sê iets wat my hart vinniger
sal laat klop...?' Sy: 'Jou vrou het nou net hier ingestap.'
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Wyshede vir die week, toegeskryf aan Winston Churchill:
* Ons vorm ons geboue; daarna hulle vorm ons.
* Die inherente nadeel van kapitalisme is die ongelyke deel van seëninge;
die inherent deug van sosialisme is die gelyke deel van ellendes.
* Jy het vyande? Goed. Dit beteken jy het iewers in jou lewe opgestaan vir
iets.
-------------------
*** Vir skoon humor in Afrikaans en Nederlands, teken in op Griesel se
Graplys! Gaan na http://skoongrappies.com. Jy kan op dieselfde plek jou ;
voorkeure verander en na vorige uitgawes van die grapkas kyk.