[grapkas] EK NEEM MY DOGTER UIT

  • From: "Gerhard Griesel" <griesel@xxxxxxxxxxxx>
  • To: grapkas@xxxxxxxxxxxxx
  • Date: Sun, 14 Sep 2014 12:59:07 +0200

Van HermanH, uit Laffaday:

Ek lees gisteraand 'n artikel oor pa's en dogters en onthou die keer toe ek 
my dogter uitgeneem het vir haar eerste bier. Ons gaan toe na ons plaaslike 
kroeg wat net twee blokke van die huis af is. Ek kry vir haar 'n Fosters. Sy 
het nie daarvan gehou nie... toe drink ek dit maar. Toe kry ek vir haar 'n 
Carling Black Label, sy het ook nie daarvan gehou nie... toe drink ek dit ook 
maar. Dit was dieselfde met die 1664-Lager en Premium Dry Cider. Teen die 
tyd wat ons die Scotch probeer het, was ek so gekoring dat ek beswaarlik die 
stootwaentjie terug huis toe kon stoot.     

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van KoosS:

Die ligte vliegtuig se enjin gee moeilikheid en die vlieënier maak 'n 
suksesvolle noodlanding op 'n stil reguit pad onder hom. Toe hy uitklim, merk 
hy dat daar 'n motor 'n ent agter hom in die pad stilgehou het. Hy stap toe 
soontoe. Toe hy by die motor kom draai die vrou die ruit af en voordat hy 'n 
woord kan uitkry, sê sy 'Ag, Meneer, ons is verskriklik jammer. Ons is 
verdwaal en my man weier mos om pad te vra. Ek het nie 'n idee hoe ons op 
die aanloopbaan beland het nie!'   

*                  *             *

Na die uitvoering van die simfonie-orkes stap die seuntjie ewe braaf tot by 
die dirigent en fluister in sy oor: 'Oom, ek wil nou nie stories aandra nie, 
maar daardie ou in die agterste ry met die trompet, speel net wanneer jy vir 
hom kyk!'  

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van DouwevdV:

Hoe weerhoud je je man ervan om jouw email te lezen? Hernoem de map tot 
'Instructiehandleiding'.   

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit facebook.com/pages/Skoon-Grappies-Clean-Jokes/2061529594
39785:

Mense maak asb seker dat julle klere se sakke leeg is voor julle dit in die 
wasmasjien gooi.... Ek het so pas op SABC 2 gesien dat geldwassery as n 
kriminele oortreding beskou word.    

*              *              *

Almal sê ons moet 'n beter planeet vir ons kinders los....miskien moet ons 
beter kinders vir ons planeet los!   

*                   *                *

Goed wat ek uit flieks geleer het...

*  Alle telefoonnommers in Amerika begin met 555.

*  Middeleeuse kleinboere het perfekte tande.

*  Die ventilasiestelsel van enige bou is die perfekte wegsteekplek. Niemand 
sal ooit daaraan dink om jou daar te soek nie, en jy kan reis na enige ander 
deel van die gebou sonder 'n probleem.    

*  Enige persoon wat wakker word van 'n nagmerrie sal penregop sit en hyg.  

*  Dit is altyd moontlik om direk buite die gebou wat jy besoek te parkeer.  

*  'n Hoesie is altyd die voorteken van 'n terminale siekte.

*  Hoe meer 'n man en 'n vrou mekaar haat, hoe meer waarskynlik is dit dat 
hulle lateraan op mekaar verlief sal raak.   

*  Alle tydbomme is toegerus met elektroniese tydsberekeningtoestelle met 
groot rooi skerms sodat jy presies weet wanneer hulle gaan ontplof.    

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van RonaldR:

By die Verenigde Volke begin die Israelse verteenwoordiger sy toespraak: 
"Voor ek my toespraak begin, wil ek net iets oor Moses sê: Toe hy die rots 
geslaan het en dit water voortgebring het, dink hy toe: 'Wat 'n goeie 
geleentheid vir 'n bad!' Moses trek toe sy klere uit, plaas hulle langsaan op 
die rots en gaan die water in. Toe hy uitkom en wil aantrek, vind hy sy klere 
het verdwyn. 'n Palestyn het dit gesteel!"    Die Palestynse verteenwoordiger 
by die VN spring op en skree woedend: 'Tipiese Israeli-leuens! Daar was toe 
nog nie Palestyne daar nie!' Die Israeli-verteenwoordiger glimlag en sê: 'En 
nou dat ons daardie punt duidelik gemaak het, sal ek my toespraak begin.'      

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede, uit citaten.nl:

*  Verweer of verontschuldig je nooit vooraleer je wordt beschuldigd. - Karel I 
 
(Uit:  Brief aan Lord Wentworth)   

*  Wat hebben we voor dit vaderland niet allemaal gedaan! Sommigen onder 
ons zijn gestorven; sommigen onder ons hebben toespraken gehouden.  - 
Orhan Veli Kanik  (Uit:  Gierik/Nieuw Vlaams Tijdschrift nr. 55)   

*  Gedachte van erfgenaam: zolang er leven is, is er geen hoop.   -  Juul 
Kinnaer  (Uit:  Kanttekeningen, Landen 2003)   

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Kompliment ontvang:

Dankie Gerhard Lekker gelag, veral vir die Titanic-een. Weejy....  

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Vers vir die week, uit uittrekselboek.wordpress.com:

Op alle gesigte van alle mense
altyd jou oë die twee broers
die gebeurtenis van jou en die onwerklikheid
van die wêreld

OP ALLE GESIGTE

------------------------

*** Jy kan op die internet enige grappie uit my argief vind. Soek jy bv. 'n 
grappie waarin die woord 'papegaai' voorkom? Gaan na 
http://groups.yahoo.com/group/grapkas/messages en tik die woord 
'papegaai' in die soekblokkie. Al die uitgawes waarin die woord gebruik is, sal 
op jou skerm verskyn.     

***  Het jy 'n vriend wat ook van grappies hou? Ons soek nuwe lede. Laat 
hom of haar gerus weet.   

***  Hierdie grappies is heeltemal gratis aan almal wat inteken. Soos jy 
gesien het, is die grappies wat dit beloof het om te wees: gratis, skoon en 
oorspronklik. Wat kan jy doen? Groot asseblief: stel dit aan jou vriende 
bekend. Stuur asb. aan my hulle adresse MET  hulle toestemming, dat ek 
hulle ook op die lys kan plaas.  


Other related posts:

  • » [grapkas] EK NEEM MY DOGTER UIT - Gerhard Griesel