[grapkas] HAARVERLIES

  • From: "Gerhard Griesel" <griesel@xxxxxxxxxxxx>
  • To: grapkas@xxxxxxxxxxxxx
  • Date: Sat, 06 Sep 2014 16:14:58 +0200

Van ChristinaL:

Ek het hierdie room gekry wat help teen haarverlies. 'n Mens masseer dit in 
jou kopvel in. Dit werk só goed dat ek nou my vingers elke twee weke vat vir 
'n haarsny.   

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Die Amerikaanse komediant Joan Rivers is vandeesweek dood. Uit ons 
argief, slimmighede wat sy kwytgeraak het, vertaal uit quotesandpoem.com:  

*  Sy begryp nie die konsep van Romeinse syfers nie. Sy dink ons het in 
Wêreldoorlog Elf geveg.'      

* Die eerste keer wat ek 'n drawwer sien glimlag, sal ek dit ook probeer.  

*  Hierdie vroumens gaan toe na 'n plastiese sjirurg en vra hom om haar 
soos Bo Derek te maak. Toe gee hy haar 'n labotomie.  

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Ronald Reagan-aanhalings, uit politicalhumor.about.com:

*  'Politiek is nie 'n slegte beroep nie. As jy slaag, daar is baie belonings. 
As 
jy 'n skande aanvang, kan jy altyd 'n boek skryf.'   

*  'Jy kan baie sê oor  'n ou se  karakter deur te kyk of hy net een kleur 
uitsoek of sommer 'n handvol gryp.' - verduidelik hoekom hy daarvan hou om 
'n fles jellybeans byderhand te hê op belangrike byeenkomste.   

*  'Resessie is wanneer jou buurman sy werk verloor. Depressie is wanneer 
jy joune verloor. En herstel is wanneer Jimmy Carter syne verloor.'   

*  'Ons probeer om werkloosheid te laat styg, en ek dink ons gaan slaag.'  

*  'Ek sien almal wat ten gunste van aborsie is, is reeds gebore.'

*  'Een manier om seker te maak misdaad betaal sou wees om die regering 
dit te laat beheer.'   

 *  'Voor ek weier om jou vrae te neem het ek het 'n oop stelling.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Grappies uit ons argief van Julie 2005:

Van HarrieR:

* Ervaring is als een lamp die je op de rug draagt: hij verlicht alleen de weg 
die je al hebt afgelegd.   

*                *                 *

Van DouwevdV:

'Maar waarom wilt u eigenlijk scheiden?' vroeg de advocaat. 'Dat zal ik u 
eens vertellen', antwoordde z'n cliente. 'Telkens ik op mijn man z'n schoot ga 
zitten, begint hij een brief te dicteren.'   

* * *

Van NerinaB:

Die koning besluit om drie ouens op te sluit vir tien jaar, maar omdat hulle 
mooi pleit, gee hy vir elkeen 'n keuse saam met wat hulle opgesluit wil wees. 
Die eerste ou sê hy wil saam met 'n mooi meisie opgesluit wees. Dit word 
toegestaan. Die tweede ou sê hy wil saam met tien ton drank opgesluit 
wees. Dit word toegestaan. Die derde ou sê hy wil met vyf ton sigarette 
opgesluit wees. Dit word ook toegestaan. Ná tien jaar word hulle vrygelaat. 
Die eerste ou kom uit, heel vrolik, saam met die meisie en tien kindertjies. 
Die tweede ou is nie in so 'n goeie toestand nie - hy loop slinger- slinger, 
sing 
deurmekaar liedjies en sy neus is pers. Die derde ou strompel uit en is 
heeltemal kranksinnig. Al wat hy oor en oor sê is: 'Het iemand vir my 'n 
vuurhoutjie??'   

*               *                *

Van SimbaH:

'Hoe was jou gholf vandag, Skat?' vra Jan se vrou Sannie. 'Wel, ek het die 
bal baie goed geslaan, maar my ou oë is nou so sleg, ek kan nie meer sien 
waar die balletjie geval het nie,' antwoord hy. 'Jan, jy's 75 jaar oud,' 
verduidelik sy vrou. 'Hoekom neem jy nie my broer Piet saam nie?' 'Maar 
Piet is 85 jaar oud en speel nie meer gholf nie,' protesteer Jan. 'Ja, maar 
Piet 
kan nog baie goed sien. Hy kan die bal vir jou dophou,' wys Sannie uit. Die 
volgende dag gaan Piet saam. Jan swaai en slaan die bal, en dit verdwyn 
iewers in die middel van die skoonveld. 'Het jy die bal gesien?' vra Jan. 'Ja, 
ek het,' antwoord Piet en begin in die rigting van die skoonveld loop. 'Wel, 
waar is dit?' vra Jan toe hulle naby kom. 'Hmm, ek het vergeet,' antwoord 
Piet.   

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van DouwevdV:

Kleine Harry heeft vioolles en oefent elke avond om er enigszins heldere 
klanken uit te krijgen. En elke keer als de viool begint te 'zingen', 'zingt' 
de 
hond van de benedenburen joelend mee. Na enkele dagen heeft de 
benedenbuurman daar genoeg van en roept naar boven: 'Hé Harry, speel nu 
eens een liedje dat de hond niet kent!'   

*               *              *

Op een goede dag besloot mijn echtgenoot, uitgedaagd tot het doen van 
enig huishoudelijk werk, tot het wassen van zijn eigen Sweatshirt. Direct 
nadat hij bij de wasmachine kwam riep hij tegen mij: 'Welk programma moet 
ik gebruiken van de wasmachine?' 'Hangt er vanaf', zei ik, 'wat staat er in je 
shirt?' Hij schreeuwt terug: 'HEMA!'   

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede vir die week, uit quotecorner.com:

*  In Hollywood is 'n huwelik 'n sukses as dit langer hou as melk. - Rita 
Rudner   

*  My man weier om klere aan te pas. Selfs skoene. Hy net hou die boks op 
teen die lig en sê: 'Ja, hierdie sal pas.' - Rita Rudner   

*  Mans wat enigiets eet en nie gewig optel nie, behoort dit nie ter aanskoue 
van vroue te doen nie. - Rita Rudner    

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Vers van die week, uit woorde.co.za:

Maar toe Hy kom, het sy geweet.
Geen stem was daar,
net enkele sterre donkerder
en blydskap soos 'n tent óm haar;

Die boodskap aan Maria  -   N.P. van Wyk Louw 

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Kompliment ontvang:

Baie dankie vir hierdie grappies - regtig lekker gelag! Kort en kragtig!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

***  Ons soek gedurig nuwe lede. Vertel asb. vir jou vriende van hierdie
graplys. Gaan bv. na Facebook en soek 'skoongrappies dot com'. Dan klik jy 
dat jy daarvan hou. So ontdek ander mense dit!

*** Het jy 'n wysheid wat ek onderaan die grappies kan byvoeg?


Other related posts:

  • » [grapkas] HAARVERLIES - Gerhard Griesel