[grapkas] LIMBURGER WEN DIE LOTTO

  • From: "Gerhard Griesel" <griesel@xxxxxxxxxxxx>
  • To: grapkas@xxxxxxxxxxxxx
  • Date: Sat, 20 Sep 2014 07:53:35 +0200

Van DouwevdV:

Een Antwerpenaar en een Limburger werken voor een kwal van een baas. 
Krijgt de Antwerpenaar op een dag telefoon van de Lotto: 'Meneer U hebt 50 
miljoen gewonnen.' De Antwerpenaar staat recht, slaat zijn computer stuk, 
stapt naar de baas en scheldt hem de huid vol: ''t Is om te melden dat ik 
nooit meer voor u werk, ik heb 50 miljoen gewonnen. Voila, dit is mijn 
afscheid.' En slaat vervolgens in het gezicht van de baas.   

Enkele weken later krijgt de Limburger telefoon van de Lotto: 'Meneer U hebt 
drie miljoen gewonnen.' Waarop de Limburger, die goed keek naar wat de 
Antwerpenaar deed, rechtstaat, heel zijn bureau aan dingelen slaat, naar de 
baas stapt, hem eveneens de huid volscheldt, op diens gezicht klopt en 
vervolgens zegt: 'Ik heb drie miljoen met de Lotto gewonnen en 't is om u te 
melden dat ik hier voortaan slechts parttime zal komen werken.'  

*                   *                *

Juf: 'Waarom noemen ze de taal die je thuis spreekt je moedertaal?' Jantje: 
'Logisch, want m'n vader komt nooit aan het woord!'   

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

In die lig van die Skotse referendum die afgelope week, die volgende 
grappies uit ons argief:  

Van HermanH, uit Clean Laffs:

(Nederlanders: drukkie = knuffel)

'n Jong Skot en sy meisie sit op 'n lae muurtjie, hou handjies vas, en staar 
uit 
oor die loch. Vir 'n rukkie sit hulle in stilte, en toe kyk die meisie na die 
jongman en sê: 'A penny fer yer thoughts, Angus.' Angus antwoord 
skamerig:  'Well, uh, I was thinkin' perhaps its aboot time for a wee cuddle.' 
Die meisie bloos, leun toe oor en gee hom 'n drukkie. Toe draai die twee 
weer vorentoe en staar uit oor die loch. Na 'n rukkie praat die meisie weer. 
'Another penny fer yer thoughts, Angus.'  'Well, uh, I was thinkin' perhaps 
it's 
aboot time for a wee kiss.' Die meisie bloos, maar toe leun sy oor en soen 
hom. Hy bloos, en die twee draai weer vorentoe om uit te staar oor die loch. 
Na 'n wyle praat die meisie weer. 'Another penny fer yer thoughts, Angus.' 
Die jongeman frons ernstig. 'Well, now,' sê hy, 'my thoughts are a bit more 
serious this time.' 'Really?' sê die meisie, vol afwagting. 'Aye,' antwoord die 
jongman. Die meisie kyk skaam weg, begin te bloos en byt haar onderlip vas 
in pure afwagting. Toe stotter Angus: 'Din'na ye think it's aboot time ye paid 
me those first two pennies?'   

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit Great Clean Jokes:

Martha, sê  Rosie aan haar beste vriendin, dit was vreeslik wat gister gebeur 
het na die verjaarsdagpartytjie wat ek gegee het. Jy weet hoe helfte van die 
verjaarsdagkoek oorgebly het? Wel, ek het geweet Bob sou woedend wees 
as ek dit opeet? Maar ek kon myself nie keer nie, dit het begin met 'n 
knibbeltjie en toe ek weer sien is die hele stuk daarmee heen! En toe, kloek 
Martha, was Bob kwaad? Hy het dit nooit uitgevind nie, antwoord Rosie met 
'n vol dubbelkenglimlag, ek het net nog 'n koek gebak en die helfte 
opgeëet...   

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van JanB:

*  Die veiligste plek in 'n vliegtuig is heel agter want daar het nog nooit 'n 
vliegtuig stert eerste in 'n berg vasgevlieg nie.     

*  'n Middeljarige man het nog nooit in 'n vliegtuig gevlieg nie en het om 
moed in te kry, eers 'n paar 'koeldranke' by die kroeg gaan inneem. Daar kry 
hy 'n man wat baie meer as hy drink en die gesprek verloop toe as volg: 
Nuweling: Is jy ook bang om te vlieg? Drinker: Ja baie! Nuweling: Vlieg jy 
gereeld? Drinker: Ja, baie. Ek is jou vlieënier.     

*  Nadat die groot passasiersvliegtuig veilig opgestyg het en die vlieënier die 
stelsel na die outomatiese vlieënier oorgeskakel het, leun hy gemaklik 
agteroor en sê aan sy medevlieënier: 'Ek is nou so lus vir 'n koppie koffie en 
'n lekker vry dat ek iets kan oorkom.' Hy het egter nie besef dat die interkom 
aan was en dat alle passasiers hom kon hoor nie. 'n Lugwaardin hardloop na 
die kajuit om aan die vlieënier te sê dat die interkom afgeskakel moet word, 
toe iemand van agter af op haar skree: 'Juffrou, jy het sy koffie vergeet.'    

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van NielenH:

Kragtige oefening vir oor 60: Begin deur op 'n gemaklike oppervlakte te 
staan, waar jy baie kamerruimte het aan elke kant. Met 'n 5-kg aartappelsak 
in elke hand, strek jou arms reguit uit en hou hulle daar solank jy kan. 
Probeer om 'n vol minuut te bereik, en ontspan. Elke dag sal jy vind dat jy 
hierdie posisie vir 'n bietjie langer kan hou. Na 'n paar van weke, beweeg op 
na 'n 10-kg.-aartappelsak. Probeer dan 'n 50-kg-aartappelsak en dan 
uiteindelik waar jy probeer om 'n 100-kg-aartappelsak vir volle minuut op te 
lig.  As jy voel dat jy gemaklik is op daardie vlak, plaas 'n aartappel in elk 
van 
die sakke.   

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Lewenswyshede vir die week, almal van Rita Rudner:

*  Mans huil ook, maar net wanneer hulle meubelstukke aanmekaarsit. 

*  Mans is dapper genoeg om oorlog toe te gaan, maar nie dapper genoeg 
om kry 'n bikini-waks te kry nie.  

*  Die meeste mans is in die geheim steeds kwaad omdat ma's hul 
comic-boeke uitgegooi het, wat nou baie waardevol sou gewees het.  

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Vers van die week, uit www.woorde.co.za:

Die reën skuifel deur die straat,
verby my venster, mensverlaat ...
Soos ´n trossie narsings wat verkwyn,
flikker die druppels teen my vensterruit
waar die geel straatlig daardeur skyn.

 -   N.P. van Wyk Louw, Nagreën

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Bybelteks, aangestuur deur HennieK:

Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek 
is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my 
reddende regterhand. (Jes. 41:10, 1953-vertaling).  

------------------------

***  Vertel asb. jou e-posvriende van die lys en moedig hulle om aan te sluit.  

***  Griesel se Grapkas is ook op Facebook onder die naam skoongrappies 
dot com. Gaan asb. daarheen en sê jy hou daarvan.  Ons het nou 295 
mense wat daarvan hou! Wie weet, miskien maak ons dit hierna 300!     

*** Jy is welkom om gratis van die grappies gebruik te maak in jou 
radioprogram, nuusbrief of koerant. Gee net asb. 'n verwysing na 
'skoongrappies.com'       

***  Om in te teken op hierdie graplys, stuur 'n e-pos aan grapkas @ 
skoongrappies.com en maak die onderwerp 'Stuur'. Jy sal outomaties op die 
lys geplaas word.      


Other related posts:

  • » [grapkas] LIMBURGER WEN DIE LOTTO - Gerhard Griesel