[grapkas] TITANIC

  • From: "Gerhard Griesel" <griesel@xxxxxxxxxxxx>
  • To: grapkas@xxxxxxxxxxxxx
  • Date: Sat, 24 May 2014 18:31:57 +0200

Het julle gedink Afrikaans word nie meer gepraat nie? Gehoor oor RSG
(Radio Sonder Grense), omroeper Christelle Webb-Joubert:    

'Dis vandag 102 jaar gelede dat die Titanic teen 'n ysrots vasgemeer
het...'  

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH, uit Clean Laffs:

Die 'Noah'-film is 'n treffer. Paramount bied een van die grootste verhale
van alle tye: 'Noah,' met Russell Crowe, Jennifer Connelly, Emma Watson 
en
Matt Damon as die diere. - Dave Letterman    

***

Dit was 6 nm., en ek was nog by die muntstuk-wassery waar ek werk. My 
baas
vra my toe of ek op pad huis toe vir sy niggie wasgoed sal aflewer. Sy is
agt maande verwagtend en wil nie self ry nie. Ek doen dit graag en ry na
die adres en klop aan die deur. 'n Dogtertjie, die aanstaande moeder se
oudste, maak oop. 'Haai,' sê ek vir die meisie, 'Is jou mamma tuis? Ek het
'n pakkie vir haar,' en ek hou die bondel wasgoed uit. 'Mamma!' gil sy,
'Die ooievaar is hier!'   

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van KoosS:

Sipho is die hoofverdagte in 'n gewapende roofsaak. Tydens 'n 
uitkenningsparade staan hy saam met nege ander manne in 'n ry. Die 
polisieman sê die manne aan om elkeen om die beurt te sê: 'Gee my al die
geld of ek skiet!' waarop Sipho reageer met: 'Dis nie wat ek gesê het
nie!'  

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van ManuB:

(Afrikaners: soms = dan; dan = as wat)

'Arme Lisa! Ze is bedrogen uitgekomen, toen ze met die oude vos getrouwd
is.'  'Hoezo? Had hij soms geen geld?'  'Jawel, hij zit dik in de duiten,
maar hij is 10 jaar jonger dan hij gezegd had...'   

*              *              *

Een man die in de kappersstoel had plaatsgenomen, merkte dat  de handen
van de kapper zeer vuil waren. Toen hij daar kommentaar op gaf, zei de
kapper: 'Dat klopt, mijnheer, er heeft vandag nog niemand zijn haar laten
wassen.'     

*                 *                 *

Leander schreef deze smachtende liefdesbrief naar zijn verloofde: -'s
Morgens kan ik niets eten, omdat ik voortdurend aan jou moet denken! 's
Middags kan ik geen hap binnenkrijgen, omdat ik nog meer aan je moet
denken! 's Avonds kan ik niets eten, omdat ik waanzinnig aan je moet
denken! En 's nachts kan ik niet slapen... omdat ik een razende honger
heb!     

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van ChristinaL:

Ek sal maklik hier op Vryburg kan kom bly, want in Boksburg boks hulle
net.   

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Aanhalings van Woody Allen, uit citaten.net: 

*  Ik heb geen goede reflexen. Ik ben namelijk eens overreden door een
defecte auto die door 2 mannen werd voortgeduwd.   

*  Eén van de voordelen van in het buitenland wonen is, dat je bij het
televisiekijken de reclame tenminste niet snapt.  

*  Er was nog nooit een blinde in het nudistenkamp.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Versreëls uit janniedutoit.co.za:

Maar as die aandblom oopvou oor die veld 
skaduwees die berge verf in donkerblou
 bemin ek jou
 en in die eensaam uur van skemering 
as die wind 'n lied van liefde sing
 is jy naby my

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

***  Weet jy van iemand wat by ons graplys sou wou aansluit?  Stuur my
asb. die persoon se adres MET sy/haar toestemming!  



Other related posts:

  • » [grapkas] TITANIC - Gerhard Griesel