[grapkas] Kinderwyshede

  • From: "Gerhard Griesel" <griesel@xxxxxxxxxxxx>
  • To: grapkas@xxxxxxxxxxxxx
  • Date: Sun, 12 Jul 2015 11:32:31 +0200

Kindersêgoed aangestuur deur HermanH:

(Nederlanders: drukkie = knuffel)

* JACK (ouderdom 3) kyk hoe sy Ma sy nuwe babasussie borsvoed. Na 'n
ruk hy vra: 'Mamma, hoekom het Mamma twee? Is een vir warm en een vir
koue melk?'

* MELANIE (ouderdom 5) vra haar Ouma hoe oud sy is. Ouma antwoord sy
is so oud sy kan nie meer onthou hoe oud nie. Melanie sê: 'Ouma, kyk in
Ouma se panties. Myne sê vyf of ses.'

* STEVEN (ouderdom 3) gee sy Ma 'n drukkie en sê: 'Ek is so lief vir
Mamma dat as Mamma doodgaan, ek Mamma buite my slaapkamervenster
gaan begrawe.'

* BRITTANY (ouderdom 4) het oorpyn en wil op haar eie 'n pil uithaal om te
drink. Sy probeer tevergeefs om die prop van die bottel af te skroef. Haar ma
kom help en verduidelik dit is 'n kindproefprop en SY sal dit vir haar
oopmaak. Grootoog vra die dogtertjie: 'Hoe het die botteltjie geweet dis ek?'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Nog kindersêgoed uit ons argief:

Van HendrikW:

Na verskeie jare as 'n enkelouer, oorweeg 'n vriendin dit om weer te trou.Toe
sy haar twee dogters vertel, vra die negejarige: 'Hoeveel mense sal daar in
ons nuwe huis woon?' 'Ses,' kom die antwoord, 'maar hoekom vra jy?' 'Dis
goed,' antwoord sy, 'net die regte hoeveelheid om Monopoly te speel.'

* * *

Kinders is deesdae baie slim met rekenaarterme. Een jong meisie sê vir 'n
vriendin van haar: 'As ek groot word, gaan ek nie kinders hê nie. Ek hoor
hulle neem nege maande om af te laai.'

* * *

Van webwerf hansieslim.co.uk:

Op kennisgewings, vertaal:

* By `n rivier in die Demokratiese Republiek van Congo: 'Neem kennis. As
hierdie bord onder water is, kan die rivier nie oorgesteek word nie.'

* In die kraamsaal van `n kliniek in Tanzania: 'Geen kinders toegelaat nie'


* * *

Van KoosS:

* Elke seuntjie wonder hoekom sy pa nie 'n roomyswinkel het nie.

* Kinders is van nature na-apers; hulle maak soos hulle ouers ten spyte van
elke poging om hulle goeie maniere te leer.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van DouwevdV:

Een vrijgezel spreekt zijn angst uit: 'Voor je het weet ben je getrouwd. Je
spreekt een paar woordjes voor het altaar en je zit er voor de rest van je
leven aan vast'. Daar is een ander het niet mee eens. 'Nee hoor, dat hoeft
niet. Je mompelt een paar woorden in je slaap en je bent zo weer
gescheiden'.

* * *

Vrouw van een inbreker tegen haar man: 'Als je vannacht weer terugkomt
van je inbraak, wil je dan wat minder lawaai maken dan gisteren?' Inbreker:
'Hoezo dat? Heb ik je gisteren dan wakker gemaakt?' Vrouw: 'Nee, mij niet,
maar mijn moeder werd wakker. En ik zou niet graag hebben dat ze naar de
gevangenis ging om aan vader te vertellen dat ik met 'n amateur getrouwd
ben!'

* * *

'Pappa, waarom geven mensen elkaar een hand bij het trouwen?' 'Jongen,
dat is gewoon formaliteit. Boksers doen dat ook voor elke wedstrijd.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit manwalksintoajoke.com:

* Advokaat: `Laat ek jou my eerlike mening gee.´ Kliënt: `Nee dankie, ek
betaal vir professionele advies.´

* Advokaat se motto - 'n man is onskuldig totdat hy bankrot bewys word.

* Kliënt aan prokureur: `As ek jou £500 gee, sal jy twee vrae antwoord?´
advokaat: `Sekerlik. En wat is die tweede vraag?´

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Goed wat gesê word in die lugvaartbedryf, uit kaitaia.com:

* Swaartekrag wen altyd!

* Jy weet jy vlieg 'n Cessna wanneer 'n voël jou tref en dit is van agter.

* Verdwaalde Cessna-vlieënier: 'Groot lughawe met 'n klein Cessna 150
oorhoofs, asseblief identifiseer jouself!'

* 'n Landing is net 'n gekontroleerde botsing in vlug met 'n planeet.

* Ek haat dit om wakker te word en my medevlieënier aan die slaap te vind.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wysheide vir die week, uit guygordon.com:

* Demokrasie beteken dat enigeen kan opgroei om president te wees, en
enigeen wat nie opgroei nie kan vise-president wees. - Johnny Carson

* New York is 'n interessante stad waar iets heeltyd aan't gebeur is, die
meeste daarvan onopgelos. - Johnny Carson

* Die ergste geskenk is 'n vrugtekoek. Daar is net een vrugtekoek in die
hele wêreld, en mense hou aan om dit vir mekaar te stuur. - Johnny Carson

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

*** Vertel asb. jou vriende van ons graplys! Ons soek altyd nuwe intekenare.

*** Kry hier 'n aantal soekenjins: skoongrappies.com/senjins.html, met
Google Afrikaans en meer. Dis 'n privaat soekenjinbladsy wat ek vir myself
gemaak het, maar jy is welkom om dit te gebruik.

*** Om uit te teken uit hierdie graplys, gaan na grappies.com en klik op die
mannetjie. Of sien die instruksies onderaan hierdie pos.

*** Hierdie grappe aan jou gebring met komplimente van Griesel se
Grapkas. Ons is ook op Facebook. Gaan kyk by skoongrappies dot com en
klik asb. dat jy daarvan hou!


Other related posts:

  • » [grapkas] Kinderwyshede - Gerhard Griesel