[grapkas] Vierletterwoord

  • From: "Gerhard Griesel" <griesel@xxxxxxxxxxxx>
  • To: grapkas@xxxxxxxxxxxxx
  • Date: Sat, 04 Jul 2015 17:44:21 +0200

Van HermanH, uit Daily Groaner:

'n Man kom by na 'n operasie onder plaaslike verdowing. Die verpleegster
kom in om te kyk hoe dit gaan. 'Hoe voel u?' vra sy. 'Ek is OK,' sê hy, 'Maar
ek hou nie van die vierletterwoord wat die dokter gedurende die operasie
gebruik het nie.' 'Watter woord het hy gesê?' vra die verpleegster. 'Oeps.'

* * *

Geluk aan Prins William en Kate Middleton, wat 'n babadogtertjie ryker
geword het. Die koninklike baba het agt pond geweeg - of 12 Amerikaanse
dollar. - Jimmy Fallon

***

'Raai wat hoor ek vandag?' vra 'n man sy vrou. 'Wat, Skat?' vra sy. 'Die
posman het elke enkele vrou in ons straat al verlei, behalwe een.' 'Mmm,' sê
sy vrou, 'Ek wed jou dis Koue Katrien van langsaan.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van EstelleC:

'n Werktuigkundige was besig om die silinderkop van die enjin van 'n
stukkende voertuig te verwyder, toe hy 'n bekende kardioloog in die werks-
winkel gewaar. Die kardioloog het op die werkswinkelbestuurder gewag om
na sy motor te kom kyk toe die werktuigkundige na hom roep: 'Haai Dok,
kom kyk gou hier!' 'n Bietjie verbaas het die kardioloog nietemin gaan kyk
waarmee die werk- tuigkundige besig was. Dié vee sy hande aan 'n lap af,
en sê: 'Dokter, kyk na hierdie motor. Ek het sy hart oopgemaak, die kleppe
verwyder, alle beskadigde dele vervang of herstel en teruggeplaas, en toe
alles weer teruggesit waar dit hoort. Ek is nou klaar, die die enjin loop
seepglad. So vertel my, waarom verdien ek slegs R24 000 per jaar terwyl jy
miljoene maak en ons eintlik maar dieselfde werk doen?' Die kardioloog het
geglimlag, oorgeleun en aan die werktuigkundige gefluister: 'Probeer om dit
alles te doen terwyl die enjin luier, my ou!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit wattpad.com:

Waarom is het dak van de Kuip (Feynoord) open? Antwoord: Dan kunen ze
de echte sterren zien.

* * *

Een dom blondje heeft een nieuwe geruite rok gekocht met 2 kleuren. Ze
pakt een schaar en begint de vakjes uit te knippen. Vraagt een ander dom
blondje: 'Maar waarom doe je dat?' Antwoord de ander: 'Er stond op dat je
de kleuren apart moest wassen!'

* * *

Waarom gooit een dom blondje altijd de dobbelstenen tegen het plafon?
Antwoord: Wie het hoogst gooit mag beginnen.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit ons argief, grappe van 8 Julie 2005:

Van HarrieR:

* Het kabinet heeft eindelijk een manier gevonden om de wachtlijsten
budgetneutraal korter te maken... Ze gaan een kleiner lettertype gebruiken.

* * *

Van DouwevdV:

'Maar waarom wilt u eigenlijk scheiden?' vroeg de advocaat. 'Dat zal ik u
eens vertellen', antwoordde z'n cliente. 'Telkens ik op mijn man z'n
schoot ga zitten, begint hij een brief te dicteren.'

* * *

Pa loopt met zoonlief over het strand. Zoontje zegt: 'Kijk pap, een boot'.
Vader: 'Nee jongen, dat is een hovercraft'. Zoon: 'Hoe schrijf je dat?' Vader:
'Eh, nee wacht eens... het is toch een boot!'

* * *

Van SimbaH:

'Hoe was jou gholf vandag, Skat?' vra Jan se vrou Sannie. 'Wel, ek het die
bal baie goed geslaan, maar my oë is nou so sleg, ek kan nie meer sien
waar die balletjie geval het nie,' antwoord hy. 'Jan, jy's 75 jaar oud,'
verduidelik sy vrou. 'Hoekom neem jy nie my broer Piet saam nie?' 'Maar
Piet is 85 jaar oud en speel nie meer gholf nie,' protesteer Jan. 'Ja, maar
Piet
kan nog baie goed sien. Hy kan die bal vir jou dophou,' wys Sannie uit. Die
volgende dag gaan Piet saam. Jan swaai en slaan die bal, en dit verdwyn
iewers in die middel van die skoonveld. 'Het jy die bal gesien?' vra Jan. 'Ja,
ek het,' antwoord Piet en begin in die rigting van die skoonveld loop. 'Wel,
waar is dit?' vra Jan toe hulle naby kom. 'Hmm, ek het vergeet,' antwoord
Piet.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede vir die week, van Amerikaanse komediante Joan Rivers:

* Vertrou jou man, bewonder jou man, en kry soveel jy kan in jou eie
naam. - Joan Rivers

* Jy weet jy word oud wanneer werk baie minder pret is en pret baie meer
werk is. - Joan Rivers

* Kyk, om vyftig te wees is fantasties - as jy sestig is. - Joan Rivers

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

*** Griesel se Grapkas vir skoon, oorspronklike grappe in Afrikaans en
Nederlands. Dis maklik om in te teken en net so maklik om weer uit te teken.
EN dit is gratis. Gaan na http://skoongrappies.com

*** Het jy vir my 'n oorspronklike grap, 'n paar reëls uit 'n gedig, of 'n
wysheid
in Afrikaans of Nederlands? Stuur dit aan Gerhard Griesel by
grapkas2@xxxxxxxxxxxx (verwyder die '2' in die adres).

Other related posts:

  • » [grapkas] Vierletterwoord - Gerhard Griesel