[grapkas] By die bieg

  • From: "Gerhard Griesel" <griesel@xxxxxxxxxxxx>
  • To: grapkas@xxxxxxxxxxxxx
  • Date: Mon, 10 Aug 2015 20:07:00 +0200

Van HermanH, uit Clean Laffs:

Brian kom by die bieg aan: 'Vergewe my Vader, ek het gesondig. Ek het
hierdie kalkoen gesteel om my gesin kos te gee. Kan ek dit vir u gee om my
skuld af te los?' 'Sekerlik nie,' sê die priester, 'As boetedoening moet jy
dit
teruggee aan die een van wie jy dit gesteel het.' 'Ek probeer,' kla Brian,
'maar hy weier. Vader, wat moet ek doen?' 'As wat jy sê waar is, mag jy dit
hou vir jou gesin.' Brian bedank die priester en maak gou klaar met die bieg.
Toe die bieg verby is gaan die priester huis toe, net om te ontdek dat iemand
sy kalkoen gesteel het.

* * *

My neef, 'n geswore oujongkêrel, het 'n groot meubelbesigheid in Miami. Ek
oortuig hom by geleentheid dat hy Italië moet besoek om voorraad aan te
koop. En miskien kon hy 'n mooi Italiaanse meisie ontmoet... Hy vertel my na
die tyd dat, toe hy inteken by die hotel, hy kennis maak met 'n mooi jong
dame. Maar: sy kon net Italiaans praat, en hy net Engels - die een verstaan
geen woord wat die ander praat nie. Hy kry toe 'n idee: hy neem 'n potlood
en 'n notaboek en teken 'n prent van 'n huurmotor met 'n vraagteken. Sy
glimlag, knik instemmend, en hulle gaan vir 'n rit deur die stad. Later teken
hy 'n prent van 'n tafel in 'n restaurant met 'n vraagteken, en sy knik
instemmend. Toe gaan hulle eet. Ná ete skets hy twee dansers, met 'n
vraagteken, en sy was ingenome. Hulle besoek daarna al sketsende 'n
nagklub, drink sjampanje, en het 'n fantastiese aand. Toe dit al laat was,
teken sy 'n prent van 'n hemelbed met 'n vraagteken. Hy was verstom. Hy
kan nou nog nie dink hoe sy geweet het hy is in die meubelbedryf nie...

* * *

Joe Biden gaan Brasilië toe in 'n poging om Amerika se verhouding met hul
regering te herstel. Biden sê: 'Dis wonderlik om hier in die Amasone te wees.
Ek wou nog altyd sien waar die boeke vandaan kom.' - Jimmy Fallon

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van RonaldR:

In die kroeg gisteraand sê 'n uitlander vir my vrou: 'Waar ek vandaan kom,
sou mans jou vereer.' Ek dink hy moet 'n Hindoe wees.

* * *

As ek 'n pond het vir elke keer wat iemand sê ek is onnosel, sou ek £2.50
hê.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van KoosS, oor die ouderdom:

* Ek struikel nie oor dinge nie. Ek doen willekeurige toetse op gravitasie.

* Die ouderdom kom op 'n baie ongemaklike tydstip in 'n mens se lewe.

* Ek gaan aftree en op my spaargeld lewe. Ek weet net nie wat ek die
tweede week gaan doen nie.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit GCFL.net:

'n Verwaarloosde ou gaan in 'n kroeg in en bestel 'n bier. Die kroegman sê:
'Daar's nie 'n manier nie. Ek dink nie jy kan daarvoor betaal nie.' Die ou sê:
'Jy's reg. Ek het nie geld nie, maar as ek jou iets wys wat jy nog nooit gesien
het nie, sal jy my 'n bier gee?' Die kroegman sê: 'Goed, solank jy my nie in
die verleentheid stel nie.' 'Reg!' sê die ou en haal 'n haas uit sy
baadjiesak.
Hy sit die haas op die kroegtoonbank en dit hop na die kroeg se klavier toe
en begin Gershwin-komposisies speel. En die haas is werklik goed. Die
kroegman sê: 'Reg. Ek het nog nooit so iets gesien en gehoor nie. Hier is jou
bier.' Die ou drink die bier en vra die kroegman vir nog. 'Geld of nog 'n
snaakse ding, anders niks nie,' sê die kroegman. Die ou trek toe 'n uit 'n
padda uit sy baadjiesak en sit dit op die kroegtoonbank neer. Die padda
begin om toe om pragtig te sing. Hierdie keer kom 'n vreemdeling nader en
bied hom $300 vir die padda aan. Die ou sê: 'Reg. Akkoord.' Hy vat die $300
en gee die padda vir die vreemdeling, wat hom vinnig uit die voete maak. Die
kroegman sê vir die ou: 'Is jy mal? Jy verkoop 'n singende padda vir $300?
Dis miljoene werd!' 'Nie so nie,' sê die ou. 'Die haas is ook 'n
buikspreker...'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

(Nederlanders: van = familienaam)

Na aanleiding van verlede week se grappie oor die vanne Wind en Storm,
die volgende twee kommentare:

* Van DirkC:

RianadB het ou herinneringe laat terugkeer met die storie oor menere Wind
en Storm van Venterstad. Net 'n effense korreksie: Meneer Wind was die
bakker van die naburige dorp, Burgersdorp, en sersant Storm was ons
geliefde SAP-stasiebevelvoerder vir baie jare op Venterstad. Die insident het
werklik gebeur toe meneer Wind 'n papwiel met sy afleweringsvoertuig net
buite Venterstad gehad het en Sersant Storm hom wou help. Die groetery
het 'n hele konsternasie tot gevolg gehad waaroor hulle later lekker gelag
het.

* Van PietC:

Na aanleiding van mnre Storm en Wind: Iets soortgelyks het in die laat 60's
in Bellville gebeur toe drie vriende saam vir elkeen 'n rekening by 'n
klerewinkel wou open. Die eerste, ene Behr, open sy rekening; toe die
tweede, ene Kriek, sy rekening wou open, was die winkelier nie baie gelukkig
nie, maar het tog voorgegaan. Toe die derde, ene Leeuw, syne wou open,
het die winkelier al drie by die deur uitgejaag. Al drie was werknemers by 'n
groot instansie in Bellville. Dit het werklik gebeur.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit ons Argief van Augustus 2005:

Van HermanH, uit Clean Laffs:

Ek het vreeslik swak gedoen op universiteit, totdat ek my fout agtergekom
het: Ek het ge-highlight met 'n swart koki.

* * *

Van HansL:

Hoe weet 'n blinde valskermspringer dat hy op die grond is? Dan voel hy dat
die gidshond se riem slap hang.

* * *

De bemanning van de Space Shuttle bestaat uit twee blondines. Een van de
blondines maakt een ruimtewandeling terwijl de andere binnen blijft om de
instrumenten te bedienen. Na de wandeling klopt de ene blondine op de
Shuttle-deur. Zegt de andere blondine: 'Wie is daar?'

* * *

Van HarrieR:

Wat staan op die graf van 'n robot? 'Roes in vrede'.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede:

* Aangestuur deur HermanH: Ek dink 'n veilige beroep vir jongmense is
geskiedenisonderwyser, omdat daar in die toekoms soveel meer daarvan sal
wees om te leer. - Bill Muse

* Uit guygordon.com: 4 uit elke 8 wiskunde-onderwysers dink dat hulle 1 uit
elke 2 wiskunde-onderwysers behoort te wees. - Demetri Martin

* Anonieme wysheid, aangestuur deur my skoonseun SimbaH: Niks bederf
jou Vrydag meer as die besef dat dit eintlik Dinsdag is nie.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Versreëls, uit Maroelamedia.co.za:

Nou lê die aarde nagtelang en week
in die donker stil genade van die reën
en skemer huise en takke daeliks bleek
deur die wit mistigheid en suising heen.

NP van Wyk Louw (1906 - 1970): Vier gebede by jaargetye in die Boland

-----------------------

*** Jy is welkom om gratis van die grappies gebruik te maak in jou
radioprogram, nuusbrief of koerant. Gee net asb. 'n verwysing na
http://skoongrappies.com

*** Het jy vriende wat ook van grappies hou? Ons soek nuwe lede. Laat hom
of haar gerus weet.

*** Om in te teken op Griesel se Graplys wat elke week gratis grappe in
Afrikaans en Nederlands aan jou stuur, gaan na http://skoongrappies.com en
klik op die mannetjie. Dit sal jou neem na freelists.org. Jy kan op dieselfde
plek ook jou voorkeure verander (bv. afskakel vir die vakansie) en kyk na
vorige uitgawes van die grapkas.

*** Onthou dit kan gebeur dat jou bediener alle massapos uitvee. Dit mag
die rede wees hoekom die grappies skielik van jou skerm mag verdwyn in
die toekoms. Onthou om met jou netwerkoperateur te reël dat jou grappies
nie geblokkeer word nie.


Other related posts:

  • » [grapkas] By die bieg - Gerhard Griesel