[grapkas] Predikant parkeer

  • From: "Gerhard Griesel" <griesel@xxxxxxxxxxxx>
  • To: grapkas@xxxxxxxxxxxxx
  • Date: Sun, 02 Aug 2015 12:28:26 +0200

Kerkgrappies van JamesG:

'n Predikant parkeer sy kar op 'n verbode plek in 'n groot stad (nie in SA nie
-
julle sal nou sien hoekom nie) omdat hy nie parkeerplek kan kry nie. Toe hy
plaas 'n nota onder die ruitveër: 'Ek het 10x om die blok gery en nie plek
gekry nie. As ek nie hier parkeer nie, mis ek my afspraak. Vergeef ons ons
skulde.' Toe hy terugkom, is daar 'n verkeersboetekaartjie saam met hierdie
nota: 'Ek patrolleer hierdie blok al vir 10 jaar. As ek jou nie 'n kaartjie gee
nie
verloor ek my werk. Lei ons nie in versoeking nie.'

* * *

'n Bejaarde dame pos 'n Bybel na haar broer. 'Is daar enigiets breekbaar hier
binne?' vra die poskantoorklerk. 'Net die tien gebooie,' antwoord die dame.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Na aanleiding van verlede week se grappies oor snaakse vanne, skryf
RianadB:

Jare gelede het ons in Venterstad gewoon. Die man wat die bakkery besit
het was mnr. Storm. Eendag stel iemand 'n polisieman aan hom voor: 'Dit is
mnr. Storm en dit is mnr. Wind.' Beide was baie verontwaardig, maar dit was
werklik hulle vanne!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit die strookprent Madam & Eve:

* Shabir Shaik se paroolvoorwaardes is verslap - weens goeie gedrag...

* Ook uit 'n strookprent: Baas aan werker: 'Jou vrou het my gebel. Sy sê ek
moet jou salaris direk aan haar uitbetaal.' Werker, verbaas: 'Hoekom?' Baas:
'Sy sê dit skakel die middelman uit...'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

By die omroepertjies van RSG hoor 'n mens kostelike foute. Ek probeer hulle
aanteken, want die Afrikaans rol nie altyd so lekker oor die tong nie! Van so
twee weke gelede:

* 'bermudaskema'... (vir piramideskema snaaks uitgespreek)

* ... lu-kráák losgebrand... (vir lukraak losgebrand)

* * *

Dan hoor ons ook dat veediefstal feitlik tot stilstand gekom het in die Karoo
toe Sylvester die leeu (ons verkies om hom koning Slimba te noem) los
rondgeloop het...

Stuur gerus vir my nog snaakse taalfoute wat jy hoor.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH, op Facebook, vertaal:

Vanoggend sit ek op 'n bank langs 'n hawelose man, en ek vra hom hoe hy
hierin beland het. Hy sê: 'Tot verlede week nog ek het 'n dak oor my kop
gehad, was al my maaltye vir my voorberei, my kamer is skoongemaak, my
klere gewas gewas en gestryk, ek het TV en Internet gehad en gim en
biblioteek toe gegaan, en kon ek studeer op regeringskoste.' Ek vra hom:
'Wat het gebeur? Verdowingsmiddels? Alkohol? Egskeiding?' 'Nee, niks van
die aard nie,' sê hy, 'Ek is uit die tronk vrygelaat.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van RonaldR:

Kim Jong Un, die bobbejaan van Noord-Korea: Maak jou oë toe, en jy word
doodgeskiet omdat jy aan die slaap raak as hy praat. Maak jou oë oop, en jy
word doodgeskiet omdat jy lag vir sy haarstyl.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede van die week, van Phyllis Diller, uit brainyquote.com:

* Die rede waarom vroue nie voetbal speel nie is omdat 11 van hulle nooit
dieselfde uitrusting in die openbaar sal dra nie. - Phyllis Diller

* Die enigste keer wat ek strykwerk geniet het was die dag toe ek per
ongeluk gin in die stoomstrykyster gegooi het. - Phyllis Diller

* Die beste manier om van kombuisreuke ontslae te raak: Eet uit. - Phyllis
Diller

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van HennieK, versreëls:

De kleine ogen van de roodborst in de tuin
zien het onooglijke, maar niet de kruin
van de es, niet de valk die uit den hoge
diep valt op wat aan de grond heeft bewogen.
Het drama is klein en mijn opluchting groot
om een nipte ontkoming aan de dood.

Jaap Zijlstra: BIJ HOOG EN BIJ LAAG

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Bybelaanhaling uit willibrordbijbel.nl:

Denk toch na! [6] Jullie hebben veel gezaaid maar weinig geoogst; jullie eten
maar raken nooit verzadigd, jullie drinken maar nooit is het genoeg, jullie
kleden je maar krijgen het nooit warm; de dagloner krijgt zijn geld maar het
verdwijnt in een beurs vol gaten. - Haggai 1

------------------------

*** Jy is welkom om gratis van die grappies gebruik te maak in jou
radioprogram, nuusbrief of koerant. Gee net asb. 'n verwysing na
http://skoongrappies.com

*** Het jy vriende wat ook van grappies hou? Ons soek nuwe lede. Laat hom
of haar gerus weet.

*** Om in te teken op Griesel se Graplys, gaan na http://skoongrappies.com
en klik op die mannetjie. Dit sal jou neem na freelists.org. Jy kan op
dieselfde plek ook jou voorkeure verander (bv. afskakel vir die vakansie) en
kyk na vorige uitgawes van die grapkas.

*** Ek benodig wyshede in Nederlands. Kan jy help?



Other related posts:

  • » [grapkas] Predikant parkeer - Gerhard Griesel