[grapkas] Flo Capp

  • From: "Gerhard Griesel" <griesel@xxxxxxxxxxxx>
  • To: grapkas@xxxxxxxxxxxxx
  • Date: Sat, 15 Aug 2015 14:38:35 +0200

Uit Andy Capp, vertaal:

Flo: 'Kyk, daar is Seksie Sannie...' Vriendin: 'Het jy geweet sy sien 'n
sielkundige?' Flo: 'Ja, EN 'n brandweerman, 'n kroegman en 'n loodgieter...'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH, uit Clean Laffs:

'n Prokureur van Afrika wil trou met Malia Obama. Hy wil vir haar betaal met
bokke, skape en beeste. President Obama het geantwoord: 'Moenie mal
wees nie! MY dogter trou nie met 'n prokureur nie.' - Conan O'Brien

***

Wetenskaplikes van die Syracuse Universiteit se Lava Project het ontdek
hoe om 'n steak te braai deur lawa te gebruik. Die moeilike deel is om die
bees op die vulkaan te kry. -Seth Meyers

***

Terwyl ek op die kuswagstasie in Juneau, Alaska, gestasioneer was, het ek
'n oproep van die vloot gekry. Hulle het kontak verloor met een van hul
vliegtuie en benodig die kuswag om 'n vliegtuig te stuur om dit op te spoor.
Ek vra die man vir die posisie waar die vliegtuig laaste aangeteken is sodat
ons sou weet waar om te soek. 'Ek kan jou nie sê nie,' sê die vloot se man,
'dis geklassifiseer.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~


Uit GCFL.net:

'n Verwaarloosde ou gaan in 'n kroeg in en bestel 'n bier. Die kroegman sê:
'Daar's nie 'n manier nie. Ek dink nie jy kan daarvoor betaal nie.' Die ou sê:
'Jy's reg. Ek het nie geld nie, maar as ek jou iets wat jy nog nooit voorheen
gesien het nie, sal jy my 'n bier gee?' Die kroegman sê: 'Net solank dit nie
iets viesliks is nie.' 'Reg!' sê die ou, steek sy hand in sy jassak en trek 'n
haas uit. Hy sit die haas op die kroegtoonbank neer. Dit hop-hop na die
kroegklavier toe en speel 'n paar Gershwin-komposisies, baie goed. Die
kroegman sê: 'Jy was reg. Ek het nooit soiets gesien nie. Hier is jou bier.'
Die
ou drink die bier vinnig en vra die kroegman vir nog een. 'Geld, of nog 'n
wonderwerk, anders geen bier nie,' sê die kroegman. Die ou sit sy hand in sy
jassak en haal 'n padda uit. Hy sit die padda op die kroegtoonbank neer, en
die padda begin sing, 'n pragtige tenoorstem. Teen hierdie tyd is al die klante
in die kroeg die ene belangstelling, en die een ou kom na vore en bied die ou
$300 vir die padda aan. Die ou sê: 'Akkoord! Hier's jou padda!' Die
vreemdeling maak hom so vinnig as wat hy kan uit die voete met sy
winskopie. Die kroegman sê vir die ou: 'Is jy van lotjie getik? Jy verkoop 'n
padda wat kan sing vir $300? Dit moet miljoene werd wees!' 'Nee,' sê die ou,
'die haas is 'n buikspreker.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van ManuB, uit De Druivelaar:

Op het ogenblik dat de oudere dame een geldstuk in het mandje van de
blinde bedelaar legde, liet ze haar zakdoek vallen. De man pakte hem op en
gaf hem aan haar. - Maar u bent helemaal niet blind! zei ze. - Dat klopt,
mevrouw, antwoordde de bedelaar, ik val in voor mijn broer. Het is zijn vrije
dag vandaag.

* * *

Een dokter gaat biechten. -Zorg er alstublieft voor dat ik niet in de hel
terechtkom, zegt hij tegen de biechtvader. -Goed, antwoordt de Pastoor, als
u ervoor wilt zorgen dat ik niet in de hemel terechtkom...

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van RonaldR:

Ek het 'n IK-toets gedoen. Die uitslag was negatief.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit ons Argief, van 15 Augustus 2005:

Van 'n kollega. Dankie aan chemikus-dogter Louisa vir skeikundige
korreksies:

'n Nuwe element is ontdek: Goewermentium. Massa: Dis die element met die
grootste molekulêre massa bekend aan die wetenskap en word
geklassifiseer as 'n oorgangselement, nuttelosium. Dit bevat een proton, 12
adjunkprotone en 224 assistent-adjunkprotone, wat dit 'n atoomgetal van
311 gee. Hierdie 311 partikels word omring deur kragte wat aenseemorone
genoem word, wat op hulle beurt omring word deur groot hoeveelhede
partikels wat iombisiele genoem word. Aktiwiteit: Aangesien Goewermentium
geen elektrone bevat nie is dit onreaktief. Dit word die meeste gesien by lae
druk en is waarneembaar aangesien dit elke aksie waarmee dit in aanraking
kom, stuit. 'n Klein hoeveelheid Goewermentium verminder die reaksietempo
2000 keer. As 'n reaksie bv. 1 sekonde sou neem neem dit nou 2000
sekondes. Halflewe: Goewermentium het 'n normale halflewe van vier jaar.
Dit reduseer nie maar ondergaan 'n struktuurverandering of re- organisasie
waardeur 'n gedeelte van die assistentprotone en adjunkprotone orbitale
verruil. Trouens, Goewermentium se molekulêre massa verhoog met tyd,
aangesien elke re- organisasie meebring dat meer morone in neutrone
verander en so isodiote word. Hierdie kenmerk van moronvermeerdering lei
daartoe dat sommige wetenskaplikes glo dat Goewermentium ontstaan
wanneer morone en isodiote 'n sekere kritiese massa vorm. Dit word
genoem 'kritiese moeras'. Reaksies: Geld kan gebruik word om dit te laat
reageer maar is altyd die beperkende reagens. Geld as beperkende reagens
is vlugtig en moet gebruik word voor dit verdamp. Dit laat Goewermentium
omskakel tot Administratium en in baie gevalle tot Korruptium.
Administratium is 'n element wat heeltemal onreaktief is en voldoen aan die
vyfde wet van termodinamkia wat sê dat dit elke aksie met 'n gelyke en
teenoorgestelde aksie ignoreer. Dit bevat die helfte isodiote maar net soveel
morone.

* * *

Van DouwevdV:

Verontwaardigd roept Mevrouw Van Dam tegen de loodgieter: 'Hoe heeft u
ooit gedurfd mijn dochter te kussen in die donkere kelder?' Antwoordt de
loodgieter: 'Dat vroeg ik me ook af toen ik haar later in het licht zag...'

* * *

Van BrianB:

Regstellende aksie in Feetjieland!

Sneeuwitjie word : Gitswartjie. Die 7 Dwergies word : Die 7 Kroeskoppies.
Kabouterland word : African village. Hansie & Grietjie word : Sipho & Thandi.
Jan En Die Boontjierank word : Mugabe En Die Daggabos. Liewe Heksie
word : Winnie. Die Wolf word : UThokoloshi. Die 3 Varkies word : Goodness,
Gift en Precious. Barbie word : Modjadji. Little Mermaid word : Little Maid.
Heidi word : Discriminated. Die Smurfies word : Die freedom-fighters. Die
Kabouters word: The Youth League. Feetjieland word: Little Soweto.

* * *

Van HermanH:

De juf vraagt in de klas of de leerlingen een zin kunnen maken met het
woordje 'wirwar'. Leentje krijgt eerst het woord en zegt :'gisteren heb ik
mijn mama wol helpen sorteren, het was een echte wirwar' Zeeeer goed zegt
de juf, waarop zij Frankske het woord geeft 'Als mijn papa 's morgens
opstaat is zijn haar een echte wirwar' Ook een zeer goede zin stelt de
juf, de derde leerling die het woord neemt is Ahmed, zijn zin is: 'mijn
broer ging foriche week een bank overfal, maar zijn gewirwar kapot'

* * *

Van ManuB:

Een Duitser, een Hollander en een Belg zitten in de kroeg. Zegt de Duitser:
'Meine frau kann in 7 secunden von 0 bis 100'. Oh, zegt de Hollander, hoe
dat zo? Duitser: 'Ik habe sie einen Porsche geschenkt'. Hollander: 'Ach, dat
is nog niks, mijn vrouw kan in 5 seconden van 0 naar 100'. Oh, zegt de
Duitser, wie macht sie dass denn ? Hollander: 'Die van mij heeft een Ferrari'.
Belg: 'Allez, wat bazelt gij allen, mijne madam gaat in 2 seconden van 0 naar
100. Hollander en Duitser: 'Dat lijkt ons onwaarschijnlijk, wat heb jij haar
dan
gegeven?' Belg: 'Een weegschaal'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede van Phyllis Diller, uit brainyquote.com:

* Jy weet jy is oud as jou loopring 'n lugsak het. - Phyllis Diller

* Jy weet jy is oud as hulle jou bloedgroep onttrek het. - Phyllis Diller

* Die meeste kinders dreig by tye om van die huis af weg te loop. Dit is die
enigste ding wat ouers aan die gand hou. - Phyllis Diller

* As dit nie was vir bofbal nie sou baie kinders nie geweet het hoe 'n
miljoenêr lyk nie. - Phyllis Diller

-----------------------

*** Jy is welkom om gratis van die grappies gebruik te maak in jou
radioprogram, nuusbrief of koerant. Gee net asb. 'n verwysing na
http://skoongrappies.com

*** Het jy vriende wat ook van grappies hou? Ons soek nuwe lede. Laat hom
of haar gerus weet om in te teken op http://skoongrappies.com

*** Om in te teken op Griesel se Graplys, gaan na http://skoongrappies.com
en klik op die mannetjie. Dit sal jou neem na freelists.org. Jy kan op
dieselfde plek ook jou voorkeure verander (bv. afskakel vir die vakansie)
en kyk na vorige uitgawes van die grapkas.

*** Ek benodig wyshede in Nederlands. Kan jy help?


Other related posts:

  • » [grapkas] Flo Capp - Gerhard Griesel