[grapkas] KOERANTOPSKRIFTE

  • From: "Gerhard Griesel" <griesel@xxxxxxxxxxxx>
  • To: grapkas@xxxxxxxxxxxxx
  • Date: Mon, 03 Nov 2014 15:35:15 +0200

Koerantopskrifte, van HermanH. Vertaal en aangepas na Afrikaans waar
moontlik:

*  As staking nie vinnig opgelos word nie, mag dit 'n ruk duur

*  Mans probeer vuurwapenwinkel met messe beroof

*  Federale agente voer strooptog uit op vuurwapenwinkel, vind wapens

*  Aanklaers wil slagoffer in hof hê gedurende moordsaak

*  Rede vir meer beerwaarnemings: meer bere

*  Chef stort sy hart uit in kosprojek vir behoeftiges

*  Jane Fonda aan tieners: gebruik kop om swangerskap te vermy

*  Spesialis: elektriese stoel kan 'baie seer' wees

*  Statistiek wys tienerswangeskappe neem af ná ouderdom 25

*  Britse studie bevind minder verkeer wanneer paaie sluit

*  Infields-egpaar gedood, polisie vermoed moord

*  Koue front gekoppel aan lae temperatuur

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van KoosS:

Die kantoorwerker het dringend verlof nodig gehad maar hy het geweet die 
baas sou dit nooit toelaat nie. Toe dink hy as hy maak of hy van sy kop af is 
sal die baas hom 'n paar dae afgee. Hy hang toe onderstebo van die plafon 
af en maak eienaardige geluide. Sy blonde medewerkster vra hom toe wat 
hy besig is om te doen. Hy sê vir haar hy maak of hy 'n gloeilamp is sodat 
die baas kan dink hy is gek en vir hom 'n paar dae verlof sal gee. 'n Paar 
minute later kom die baas juis die kantoor binne en vra: 'Wat die ongeluk 
gaan hier aan?' Die werker sê toe vir hom hy is 'n gloeilamp. Waarop die 
baas sê 'Jy is duidelik uiters gespanne. Gaan huis toe en rus 'n paar dae.' 
Die werker  spring toe af en stap by die kantoor uit. Die medewerkster stap 
toe ook uit. 'En waar dink jy gaan jy heen?' vra die baas, waarop sy 
antwoord: 'Ek gaan ook huis toe. Ek kan nie in die donker werk nie!'    

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van JamesG:

Twee Kapenaars sit in die kroeg en kyk na die Cape Argus Fietstoer. No. 1 
skud sy kop en vra, 'Hoeko' doen daai lanies dit?' 'Doen wat?' vra Gatiep. 
'Klim op daai baaisiekels en ry myle en myle, oppie berge op en affie berge 
af, ommie draaie, aamekaar sonne ophou.'  'Dis als vir die honour ennie 
prestige, nuh. Djy moet wiet, die wenner kry 'n klomp geld.'  'Dja, daai 
verstaan ek', se Gamat, 'ma' hoeko' doen al die anners dit?'   

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit guygordon.com

* Ons neig om te lag vir die gelowe van die voorgeslagte. Maar ons kan nie 
hulle persoonlik uitlag, in hul gesigte nie, en dis wat my irriteer. - Jack 
Handey   

*  As jy 'n kat probeer bestudeer om te sien hoe dit werk, is die eerste ding 
wat jy dan in jou hande het, 'n nie-werkende kat. - Douglas Adams  

*  Ek eet 'n lekkergoed en kyk op die papiertjie. Dit sê 'gemaak van natuurlike 
en kunsmatige geurmiddels'. Dit kon net sê: 'geurmiddels' - Demetri Martin   

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit ons argief van November 2004:

Van AndréS:

Twee blondjes zitten op een terras van een kroeg ergens in Antwerpen. De 
één zegt tegen de ander: ik ben juist mijn rijexamen gaan afleggen. Wel en 
hoe is het gegaan? vraagt de ander. Niet goed, ik ben weer niet geslaagd. Ik 
kwam aan een rond punt en daar stond een bord met 30 erop. Dus ik rij 30 
keer rond het rond punt. Ai, zegt het tweede blondje, ge hebt u zeker 
mistelt?  

*               *               *

Gehoor by 'n vergadering van die onderwysersunie:

Die onderwyseres kom te sterwe en gaan hel toe. Sy was twee weke daar 
voor sy agtergekom het sy is nie by haar skool nie.  

*                  *               *

Van DouwevdV:

(Afrikaners: brommer = bromponie)

Er stapt een olifant op de autobus en bestelt een ticket. Zegt de chauffeur: 
'Dat is de eerste keer dat ik een olifant op de bus krijg.' Zegt de olifant: 
'Het 
zal ook de laatste keer zijn want morgen is mijn brommer gerepareerd!'   

* * *

Van GerrieH:

`n Vlooi spring in die kroeg in en drink verskriklik baie. Ná so 'n ruk spring 
hy 
uit die kroeg uit slinger, slinger. Toe hy buite kom pass hy uit. Ná so 'n ruk 
toe hy wakker word vra hy: 'Nou wie het my hond gesteel?'   

*                 *               *

Van Sas:

Jannie kom huil-huil by sy ma aan terwyl hy sy kop houvas.Sy ma vra hom 
toe wat makeer: 'Het iets op jou kop geval?' Waarop hy antwoord: 'Ja ek!!'  

*                 *                *

Van KoosS:

Twee seuntjies lê langs mekaar in die hospitaal. Eerste outjie:'Is jy medies of 
sjirurgies?' 'Nee ek weet nie. Wat's die verskil?' Eerste outjie: 'As jy siek 
hier 
inkom en hulle maak jou gesond is jy medies, maar as jy gesond hier inkom 
en hulle maak jou siek is jy sjirurgies!'   

*                  *               *

Van GerritC:

'n Ou tree af in Zimbabwe. Hy sit in die kroeg en gesels oor sy uittrede. Hulle 
vra wat hy beplan het as hy gaan aftree. Hy sê ek gaan môre 'n boek oor 
Zimbabwe skryf. O, sê sy vrinde, en wat gaan jy die middag doen?   

*                   *                 *

Van HarrieR:

Een jongman die in 't ziekenhuis een familielid bezoekt, ziet een knap 
zustertje lopen.Vleiend fluistert hij in haar oor:'Als ik zeker wist dat je me 
zou 
verplegen,zou ik ervoor zorgen dat ik een ongelukje kreeg.' Zustertje: 
'Nou,dan moet 't wel een heel raar ongelukje zijn. Ik werk namelijk op de 
kraamafdeling!'  

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Bybelvers, uit www.willibrordbijbel.nl:

Het geruzie van een vrouw is als een dak dat altijd lekt. Je huis en rijkdom 
erf je van je voorouders, maar een vrouw met inzicht krijg je van de HEER.  

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van ManuB, versreëls:

Trager de wespen,
schaarser de dazen,
groenvliegen grijzer,
engelen gene,
niets dat hier hemelt,
alles brandt lager

dit zijn de laatste dagen,
men schrijft
de laatste stilstand
van de zomer, de laatste
vlammen van het jaar,
van de jaren

wat er geweest is
is er steeds nog even
en wat men helder ziet
heeft zwarte randen

men moet zich hier
uitschrijven, de tuin
in de tuin insluiten,
het geopende boek
het einde besparen,
men moet zich verzwijgen

verzwijg hoe de taal
langs de lippen invalt
hoe de grond het gedicht overstelpt,
geen mond zal spreken
wat  hier overwintert - 

Gerrit Kouwenaar De laatste dagen van de zomer

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

*  Ken jy iemand wat by hierdie lys sal wil aansluit?  Vertel hom/haar van die 
lys, dan kry ons nog intekenare.  

*  Stuur kommentaar maar veral grappies aan: grapkas @ grappies . com


Other related posts:

  • » [grapkas] KOERANTOPSKRIFTE - Gerhard Griesel