Van ManuB, uit De Druivelaar:
Sjinees aan sy kollega: 'Hoe was jou vakansie in Europa?' Kollega: 'Weet
nie, ek het nog nie die foto's bekyk nie...'
* * *
Psigiater aan sy kollega: 'Hoe gaan dit met jou pasiënt wat dink dat hy Jacob
Zuma is?' Kollega: 'Heelwat beter. Hy dink nou al dat hy Nelson Mandela is.'
* * *
Man (aan de telefoon): En wie is de verantwoordelijke in uw departement?
Bediende: Als u diegene bedoelt die altijd van alles de schuld krijgt, dan
spreekt u ermee, mijnheer.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van GerhardM:
Kerke is nou oopgestel vir maksimum 50 mense op 'n slag. Dominee vat die
50 mense wat die meeste skinner in die kerk... hulle sal vir seker die
boodskap versprei!
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van MarleneTh, vertaal:
Soos Thabo Mbeki met vigs, het die ANC onder Cyril volkome beheer oor die
koronavirus. Die 10 belangrikste dinge wat ons oor die koronavirus leer uit
Cyril se toespraak (volgens die wetenskaplikes van die NCCC natuurlik):
1. Die koronavirus het sy vermoë om tyd te hou verloor. Daarom kan jy
enige tyd van die dag oefen en die militêre klokreël is ook gelig.
2. Die koronavirus kan ongelukkig steeds die verskil tussen hondehare en
menshare optel. Daarom word hondesalonne oopgestel, maar
mens-haarsalonne nie.
3. Die koronavirus het die vermoë om tussen soorte golfspelers te onderskei.
Daarom mag professionele golfers speel en oefen, maar amateurs mag nie.
4. Die koronavirus kan tussen 'n toeris en 'n sakeman onderskei! Daarom
kan jy nou vlieg vir besigheid, maar nie vir ontspanning nie. Die virus kan
egter nog nie tussen binnelandse en buitelandse reise onderskei nie.
5. Die koronavirus het sy vermoë om die verskil tussen winterklere en
onderklere te onderskei, verloor. Daarom kan jy nou enige klereproduk in
enige winkel koop, insluitende oop EN toe skoene.
6. Die koronavirus het sy vermoë om die verskil tussen mense op
kommersiële bouprojekte en infrastruktuurbouprojekte te onderskei verloor,
en daarom mag almal nou voortgaan.
7. Die koronavirus het sy vermoë om tussen kosprodukte of toestelle in
Makro te onderskei, verloor. Daarom kan jy nou huistoestelle aankoop.
8. Die koronavirus kan nie meer bepaal of jy 'n alkoholis is nie! Daarom kan
jy nou alkoholiese drank by die huis verbruik. Die wetenskaplikes is egter nie
seker of die koronavirus die tyd/datum wanneer die alkohol gekoop is kan
bepaal nie, en daarom sal die regering verkope net op sekere tye op sekere
dae toelaat (net om veilig te speel).
9. Die koronavirus het steeds die vermoë om te bepaal of jy 'n roker is!!
Daarom is die verkope van tabakprodukte steeds onwettig. Die koronavirus
klou egter nie aan onwettige sigarette vas nie, en daarom moet jy kan bewys
waar en wanneer jy die sigarette gekoop het.
10. Die wetenskaplikes het geleer dat die koronavirus nie meer kan bepaal
hoe die kos op jou tafel gekom het nie. Daarom kan jy nou ook kos by
retaurante koop, maar die virus kan jou infekteer as jy dit nie by die huis eet
nie.
Aangesien die wetenskaplikes nog nie heeltemal seker oor enigiets is nie, bv.
of die koronavirus steeds die vermoë het om die Gregoriaanse kalender te
lees nie, sal bostaande eers op 1 Junie 2020 inskop. Bly veilig almal!
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Gesien op die internet:
Die mens het al veel uitgevind! Koffie sonder kaffeïen; bier sonder alkohol;
nou nog net 'n PARLEMENT SONDER DIEWE.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Wyshede en diep vrae vir die week, oor ouderdom:
* Hoe jonk kan jy van ouderdom doodgaan? - Steven Wright
* As jy 100 kan haal het jy dit gemaak. Baie min mense sterf ná daardie
ouderdom. - George Burns
* Jy weet jy word oud wanneer jy afbuk om jou skoenveters vas te maak en
wonder wat jy nog kan doen terwyl jy daar is. - George Burns
------------------------
*** Luister asb. mooi of jy op nuwe grappies kan afkom, en stuur hulle aan
my.Om met my te korrespondeer, moenie net 'Reply' druk nie. Skryf aan my
by: griesel (by) regtewoord . co . za
*** Onthou die adres skoongrappies.com waar jy weer kan inteken as jy nie
meer grappies sou ontvang nie. Jy sal in die middel van die blad 'n ikoon van
'n gesiggie sien. Klik net daarop en volg die stappe.
*** Het jy 'n Facebook-rekening? Sluit gerus aan by ons humorgroep op
Facebook: skoongrappies dot com. Daar is volop humor in Afrikaans en
Nederlands.