Van KoosS:
Drie bejaarde pelle sit en gesels. 'Dit gebeur deesdae dikwels dat ek voor die
yskas staan en nie kan onthou wat ek kom haal het nie.' kla die eerste ou.
'Ek staan weer dikwels op die trappe en dan kan ek nie onthou of ek besig
was om op of af te gaan nie,' kla die tweede ou. 'Dan is ek darem goed
daaraan toe' sê die derde ou, 'Gelukkig het ek nog nie sulke probleme nie:
'Touch wood'' en daarmee klop hy op die meubelstuk langs hom. Dan staan
hy op en sê: 'Wag, dit klink vir my daar is iemand by die deur.'
* * *
'Sipho, ek sien jy het net een skoen aan. Het jy een verloor?' 'Nee, ek het
een gekry!'
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Uit www.rd.com:
'n Pikkewyn loop in 'n kroeg in, gaan na die toonbank, en vra die kroegman:
'Het jy my broer gesien?´ Die kroegman sê: 'Ek weet nie. Hoe lyk hy?´
* * *
'Arme ou gek,´ dink die deftige ou toe hy 'n ou man uitvis uit 'n poeltjie
buite
'n kroeg. Hy nooi die ou man binnetoe vir 'n drankie. Hulle drink aan hul
whiskeys, en die man vra meewarig vir die ou man: 'So, hoeveel het jy
vandag gevang?´ Die ou man antwoord, 'Jy is die agste.'
* * *
'n Hond gaan in 'n kroeg in en bestel 'n martini. Die kroegman sê: ''n
Mens sien niedikwels hier 'n hond wat 'n martini drink nie.´ Die hond sê:
'Teen hierdie pryse is ek nie verbaas nie.´
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van HermanH, uit Clean Laffs:
Amazon het begin besonderhede oor sy opkomende
hommeltuigafleweringsprogram bekend gestel. Hommeltuie gaan aangepas
word veral om die klimaat van die stad waarin hulle is te hanteer.
Byvoorbeeld, die Chicago-hommeltuig sal toegerus wees om koue weer te
hanteer, die Seattle-hommeltuig sal waterdig wees, en die
Detroit-hommeltuig sal aan die brand wees. - Seth Meyers
***
'n Nuwe studie beweer dat William Shakespeare dagga gebruik het. Wat
verduidelik waarom hy geskryf het: 'To be, or not to be... Wait, what was the
question?' - Jimmy Fallon
***
Volgens 'n nuwe studie lees die gemiddelde universiteitstudent op graad
sewevlak. Of, as jy 'n optimis wil wees, elke sewendegraadleerling lees nou
reeds op 'n universiteitseerstejaarvlak. - Conan O'Brien
* * *
My meisie hou daarvan om te rolspeel. Vir die afgelope vier jaar het sy
gemaak asof sy my eks-meisie is.
* * *
'n Man gaan dokter toe met 'n geswelde voet. Na 'n versigtige ondersoek gee
die dokter die man 'n pil, groot genoeg om 'n perd te laat stik. `Ek kom nou
terug met water,´ sê die dokter vir hom. Die dokter bly 'n hele ruk weg en die
man raak ongeduldig. Hy loop kruppel-kruppel na die wasbak, maak `n glas
vol water, en sluk die pul met groot moeite af. Hy moet nog water drink om
sy keel skoon te kry. Net toe kom die dokter terug met 'n skottel warm water.
`OK, nou los ons die tablet in die water op en dan baai jy jou voet daarin vir
20 minute.´
* * *
`n Egpaar vier hul 40ste huweliksherdenking. Een van hul drie seuns maak
`n toespraak by die heildronk, en sluit af: 'En dankie vir 'n mooi huwelik.´
Die
oom antwoord met `n grappie: `En dankie dat jy dit nodig gemaak het dat
ons moes trou.´ Toe herinner sy vrou hom kliphard: 'Nie hy nie. Hy´s ons
tweede seun.´
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Uit metro.co.uk:
As ek ooit 'n tweeling kry, sal ek een vir onderdele hou.´
* * *
Ek hou altyd 'n voorraad stimulante byderhand vir ingeval ek 'n slang
sien. Wat ek ook byderhand hou.
* * *
China het 'n bevolking van 'n biljoen mense. Een biljoen. Dit beteken
selfs as jy die soort ou is wat een uit 'n miljoen is, is daar steeds 'n
duisend ander presies net soos jy.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Wyshede uit guygordon.com:
* In die politiek is dit soos voetbal afrig. Jy moet slim genoeg wees om die
spel te verstaan, en dom genoeg om te dink dis belangrik. - Eugene
McCarthy
* Dit is nie die val wat jou doodmaak nie. Dis die skielike stop aan die
einde. - Douglas Adams
* Menslike wesens, wat uniek is in hul vermoë om te leer uit die
ondervinding van ander, is ook merkwaardige vir hul skynbare onwilligheid
om dit te doen. - Douglas Adams
-----------------------------
*** Is jy op Facebook? Sluit gerus aan by ons nuwe groep op Facebook:
skoongrappies dot com. Daar is volop humor in Afrikaans en Nederlands.
*** Jy is welkom om gratis van die grappe gebruik te maak in jou
radioprogram, nuusbrief of koerant. Gee net asb. 'n verwysing na
http://skoongrappe.com ;
*** Het jy vriende wat ook van grappe hou? Ons soek nuwe lede. Laat hom
of haar gerus weet om in te teken op http://skoongrappe.com ;
*** Vir skoon humor in Afrikaans en Nederlands, teken in op Griesel se
Graplys! Gaan na http://skoongrappe.com. Jy kan op dieselfde plek jou ;
voorkeure verander (bv. afskakel vir die vakansie) en kyk na vorige uitgawes
van die grapkas.