[blindza] Fwd: Off topic; Friday, 9 September

  • From: Jacob Kruger <blindza@xxxxxxxxx>
  • To: blindza@xxxxxxxxxxxxx
  • Date: Wed, 17 Aug 2011 09:43:32 +0200

----- Original Message ---------------


Subject: Off topic;  Friday, 9 September
   From: Arné von Mollendorf <boomroc@xxxxxxxxxx>
   Date: Wed, 17 Aug 2011 08:50:38 +0200

Hello Julle

Jammer, ek weet die is "off topic" maar ek glo dit is vir 'n baie goeie 
saak.  Mag julle dit ook so sien.

Ek, Arné in samewerking met

Len Viljoen, Gospel sanger,
Marius Swart wat pas 'n Jim Reeves Tribute Album opgeneem het en
Ds Stefaans Burden, wat sy eie songs sing en skryf,

gaan op Vrydag, 9 September 'n belowende aand van Country en Gospel bring 
vir die mense van Worcester en hopenlik almal wat vir ons wil kom kuier.

Kaartjies is slegs R30 per persoon en kan by enige van ons 4 wat betrokke 
is, gekoop word.  Die inwoners van Worcester kan selfs by

Munnik juweliers, André Opperman Oogkundiges en Worcester Vallei Kerkkantoor

hul kaartjies koop.

As jy 'n gestremde is wat by die instituut vir Blindes werk, bly of 'n 
inwoner is by Huis Brewis, kwalifiseer jy om jou kaartjie vir slegs R15 te 
kry.  Maar dit geld net vir die eerste 100 persone.  Julle kan by Ray, wat 
op die skakelbord werk, jul kaartjies koop.

CD's en verversings sal te koop wees en ons gaan van die fondse skenk aan 
ASD.

ASD is 'n dagsorgsentrum wat daagliks na multi gestremde persone omsien en 
hulle het ook onlangs 'n tehuis begin waar hulle ook na 'n klompie van die 
persone omsien en 'n tuiste gee.

Datum:  Vrydag, 9 September
Plek:  Worcester Vallei Kerksaal
Tyd:  18h30 vir 19h00
Prys:  R30 per persoon

Baie dankie vir jul geduld en ek hoop om julle daar te sien daai aand.

Vrede

Ps. Vir meer info, Mail my asb "off list"

Arné von Mollendorf
Sound Technician


JESUS LOVES YOU


BOOMROC PRODUCTIONS
Sound Recording Studio
*Based in Worcester, Western Cape, South Africa*

c:  072 691 9223
t:  (023) 347 2785
e:  boomroc@xxxxxxxxxx

BY APPOINTMENT ONLY

----------
To send a message to the list, send any message to blindza@xxxxxxxxxxxxx
----------
To unsubscribe from this list, send a message to blindza-request@xxxxxxxxxxxxx 
with 'unsubscribe' in the subject line
---
The 'homepage' for this list is at http://www.blindza.co.za

Other related posts:

  • » [blindza] Fwd: Off topic; Friday, 9 September - Jacob Kruger