[grapkas] Nigerië se skuld

  • From: "Gerhard Griesel" <grapkas@xxxxxxxxxxxx>
  • To: grapkas@xxxxxxxxxxxxx
  • Date: Sat, 25 Jul 2015 20:12:22 +0200

Van HermanH, uit Clean Laffs:

Volgens 'n nuwe berig skuld Nigerië vir New York-stad oor die $500 000 in
onbetaalde parkeerkaartjies vir sy buitelandse diplomate. Nigerië vra
verskoning daarvoor en sê hulle sal die boetes dadelik betaal as New York
hulle hul bankrekeningnommer, PIN en ons ma se nooiensvan stuur. - Seth
Meyers

***

'n Man wys sy vriend 'n nuwe stel gholfstokke wat hy pas gekoop het. 'Dokter
sê so,' sê die man vir sy vriend. 'My vrou en ek het baie gewig opgetel en
ons het die dokter gaan sien. Hy sê ons moet meer oefening kry, toe het ek
by die gholfklub aangesluit en hierdie stel gholfstokke gekoop.' 'Wat het jy
vir jou vrou gekoop?' vra die vriend. ''n Nuwe oefenfiets en 'n grassnyer.'

***

In die afgelope verkiesing het 'n 102-jarige vrou vir die eerste keer in 'n
VSA-verkiesing gestem. Ongelukkig het sy vir Woodrow Wilson gestem. -
Conan O'Brien

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Die afgelope week is 'n Australiese branderplankryer, Mick Fanning, deur 'n
haai in Jeffreysbaai van die branderplank afgestamp tydens die finaal van 'n
kompetisie, maar die haai het hom nie gebyt nie en hy het 'n vuishou
ingekry. Die grappies wat sirkuleer, is almal prentjiegrappies, maar hier is
die
onderskrifte:

* Die enigste keer wat jy die haaie in 'n eindwedstryd sien...

* Mick Fanning swem met die haaie terwyl Chuck Norris sandkastele bou.

* Ek wou net Mick Fanning se handtekening kry, toe slaan hy my...

* Ek byt hierdie lekker tou, en toe slaan 'n ou my...

* Waarom is Mick Fanning nie gebyt nie? Want dit was 'n Kaapse haai. Hy
het nie voortande gehad nie...

* Chuck Norris? Nog nooit van haar gehoor nie...

* Ons sien nie kans om teen Australië te speel nie. Hulle baklei. - Haaie se
afrigter Gary Gold

* Koerantberig: Mick Fanning slaan bewonderaar, word onttrek aan finaal...

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van PieterR:

Ek sê hierdie week vir Pietman (graad 1) om sy tas agter in die kattebak
te sit anders breek hulle in en steel dit. Hy reken toe: Dan het hulle tog
huiswerk.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van GerC:

Een blondje krijgt een tweeling en huilt ononderbroken. De verpleegster
vraagt: 'Waarom huil je eigenlijk? Je hebt twee prachtige baby´s!' 'Ja, maar
ik weet niet van wie die tweede is!!'

* * *

Een Hollander maakt zijn eerste zeereis. Na enkele dagen vraagt de kapitein
hem of alles naar wens is. 'Fantastisch!' zegt hij. 'En reuze handig, die
wasmachines in de muur. Wat daar niet allemaal in gaat...'

* * * *
*

De juf vraagt in de klas of de leerlingen een zin kunnen maken met het
woordje 'wirwar'. Leentje krijgt eerst het woord en zegt :'Gisteren heb ik mijn
mama wol helpen sorteren, het was een echte wirwar' 'Zeeeer goed' zegt de
juf, waarop zij Frankske het woord geeft. 'Als mijn papa 's morgens opstaat is
zijn haar een echte wirwar'. 'Ook een zeer goede zin' stelt de juf. De derde
leerling die het woord neemt, zijn zin is: 'Mijn broer ging forich week een
bank overfalle, maar zijn gewirwar kaput'.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van KoosS, kennisgewings:

* Buite gesondheidswinkel: Toe weens siekte.

* In wildtuin: Olifante bly asseblief binne julle motors.

Koerantopskrifte:

* Mynwerkers weier om te werk na dood.

* Oorlog verminder kanse op vrede.

* Ruimtevaarder geblameer vir gas in ruimtetuig.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit ons argief van 28 Julie 2005:

Van HermanH, verwerk:

Gister het 'n aardbewing wat 4.2 op die Richterskaal meet, Soweto getref.
Niemand is beseer nie, maar minstens 200 karre is van hulle blokke af
geskud. - Jay Leno

* * *

'n Paar diep gedagtes:

* Geld bring nie geluk nie, maar dit stel jou in staat om in meer plekke vir
geluk te soek.

* Jou gewete mag jou miskien nie keer om sonde te doen nie, maar dit
verhoed ten minste dat jy dit geniet.

* Kies jou groef versigtig. Jy mag dalk vir die res van jou lewe
daarin bly.

* As jy die skrif aan die muur kan lees, dan is jy in 'n publieke toilet.

* Geleenthede lyk altyd beter wanneer hulle kom as wanneer hulle
gaan.

* * *

Aangestuur deur JoyceK, uit die grappiesboek van Dries Keulder:

Benoude bruidegom in sy huwelikstoespraak: 'Hierdie ding is op my
afgedwing!'

* * *

In die vliegtuig op pad na hulle wittebrood vra die bruid haar man watter plan
hulle kan maak dat almal nie dadelik sal agterkom hulle is nog op hulle
wittebrood nie. 'Maklik,' antwoord hy. 'Jy dra die tasse.'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Vanne, aangestuur deur LouP:

* Dr Snyman was 'n chirurg aan die Oosrand.

* Hier in Utrecht is daar twee uroloë: Peter Dik en dr. Klein.

* Twee Nederlandse ginekoloë, wat saamwoon: Dr. Schaap en dr. Wolf.

* Ene heer Vlieger is ook in die verknorsing omdat sy lugvaartmaatskappy
hier in Nederland bankrot gegaan het.

* Ek herinner my ook aan 'n ene ds. Helman van Duiwelskloof.

* Lou vermeld ook die bekende storie van ds. Worst: Daar was ook ds.
Worst van Potchefstroom, 'n stoere Gereformeerde. Die verhaaltjie is dat hy
op 'n dag by mense aankom wie se motor 'n pap wiel gehad het. Toe hy vra
wat fout is, kom die antwoord met vele kragwoorde terug. Hy sê toe: 'Broer,
ek is dominee Worst van Potchefstroom, en ek dink jy moet jou taal matig.'
Geaffronteerd kom die antwoord terug: 'Man, ek geen nie om nie, al was jy
dominee Polonie van Benoni.'

* * *

Van HansdS:

Twee werklozen komen elkaar tegen op straat. Zegt de ene 'mijn uitkering is
verhoogd deze maand en de uwe?' Zegt de ander 'de mijne ook, het moet
zijn dat ze tevreden over ons zijn....'

* * *

Van DouwevdV:

Twee mannen zitten in de kroeg. Zegt de een: 'Ik heb zin om te vechten.' De
ander: 'Hoe wou je dat doen dan?' 'Nou, let maar op.' Even later op straat
komen ze een man en een vrouw tegen. 'Let op', zegt de een, en hij zegt
tegen de vrouw: 'Hee, jij lelijkerd met die gore varkenskop op dat misvormde
lijf van je!' De man draait zich om en zegt tegen de vrouw: 'Zo, nou hoor je 't
ook eens van een ander!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede van Phyllis Diller uit brainyquote.com:

* Mik hoog, dan skiet jy nie jouself in die voet nie. - Phyllis Diller

* 'n Oujongkerel is 'n ou wat nooit dieselfde fout eenmaal gemaak het nie. -
Phyllis Diller

* Jy weet jy's oud wanneer iemand jou komplimenteer oor jou
krokodilvelskoene, en jy's kaalvoet. - Phyllis Diller

---------------------------------

*** Het jy vir my 'n oorspronklike grap? Stuur grappies en moppen aan die
volgende adres: grapkas (by) grappies.com (verwyder die spasies en voeg in
@).

*** Om in te teken op Griesel se Graplys, gaan na http://skoongrappies.com
en klik op die mannetjie. As jy jou adres wil verander, kan jy jou nuwe adres
daar intik. Jy kan ook daar uitteken as jy via freelists.org ingeskryf is. As
jy
op yahoogroups ingeskryf is, kyk na die instruksies hieronder om uit te teken.


*** As jy grappies uit ons argief soek, doen die volgende: Gaan na
Google.com en tik in: 'Griesel se Grapkas'. Tik dan enige belangrike woord
wat in jou grappie moet voorkom, bv. 'papegaai', 'skoonma', ens. Jy sal dan
deur Google na 'n grappie wat die woord bevat, geneem word (hopelik!)

*** As jy 'n seremoniemeester by 'n troue is en jy soek geskikte skoon
grappe om te vertel, gaan ook na http://skoongrappies.com en volg die
instruksies.





Other related posts:

  • » [grapkas] Nigerië se skuld - Gerhard Griesel