Van ManuB, uit De Druivelaar:
(Afrikaners: geabonneerd = ingeteken)
Wij hebben echt een fantastische hond! Elke ochtend brengt hij de krant. -
Dat is inderdaad fantastisch!' 'Ja, vooral omdat wij niet eens geabonneerd
zijn op een krant.'
* * *
Marie ging voor het eerst met haar oma naar het kerkhof. - Een kerkhof is de
plaats waar mensen liggen die gestorven zijn, zoals opa, zegt oma, en dat
zijn allemaal graven. - En waar zijn de gravinnen dan? vroeg Marie.
* * *
Gisterenmiddag hebben vijfhonderd werknemers van een ijzergieterij
onverwachts het werk neergelegd. Een vertegenwoordiger van de vakbond
zei: Ja ze moesten staken terwijl het ijzer heet was.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van HermanH, en dit herinner my aan iets wat ek self beleef het:
'n Dame kom te sterwe, en die bank stuur haar `n rekening vir Februarie en
Maart vir hul jaarlikse diensfooi op haar kredietkaart, en daarby gevoeg fooie
vir laat betaling op die maandelikse koste. Die balans was $0.00 toe sy dood
is, maar is nou omtrent $60.00. 'n Gesinslid bel die bank. Hier is die gesprek:
Gesinslid: 'Ek wil net vermeld dat sy in Januarie oorlede is.' Die bank: 'Die
rekening is nooit gesluit nie en die laat betalings en koste geld steeds.'
Gesinslid: 'Miskien moet jy dit aan Verhalings oorgee.' Die bank: 'Aangesien
dit twee maande agterstallig is, is dit alreeds gedoen.' Gesinslid: 'So, wat
sal
hulle doen wanneer hulle uitvind sy is dood?' Die bank: 'Verslag doen aan
die bedrogafdeling, of aan die kredietburo!' Gesinslid: 'Dink jy G o d sal
kwaad wees vir haar?' Die bank: 'Ekskuus...?' Gesinslid: 'Het jy netnou
gekliek dat ek sê sy is dood?' Die bank: 'Meneer, u moet met my toesighouer
praat.' Gesinslid aan toesighouer: 'Ek bel net om te sê sy is oorlede in
Januarie met 'n $0-balans.' Toesighouer: 'Die rekening is nooit gesluit nie en
laatfooie en kostes word steeds toegepas.' Gesinslid: 'Jy bedoel jy wil steel
van haar boedel?' Toesighouer: 'Is jy haar prokureur?' Gesinslid: 'Nee, ek is
haar nefie.' (Gee prokureur se inligting) Toesighouer: 'Ons stelsel is
ongelukkig nie opgestel om sterfgevalle te hanteer nie. Ek nie weet wat ek
nog kan doen om te help nie.' Gesinslid: 'Wel, as jy dit kan uitwerk, mooi so.
Anders, hou maar aan om vir haar rekeninge te stuur. Sy gaan haar nie
daaraan steur nie.' Toesighouer: 'Wel, die laatfooie en koste sal steeds
geld...' Gesinslid: 'Wil jy dus haar nuwe rekeningadres hê?' Toesighouer: 'Dit
mag help...' Gesinslid: ' Graf 5546, Odessa Memorial Cemetery, Highway
129.' Toesighouer: 'Maar Meneer, dis 'n kerkhof!' Gesinslid: 'En wat doen
julle met dooie mense op julle planeet?'
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Slimmighede van Emo Philips:
Ek was die kind langsaan se denkbeeldige maatjie.
* * *
By my koeldrankstalletjie gee ek die eerste glas verniet weg. Vir die tweede
glas vra ek vyf dollar, want dit bevat die teenmiddel.
* * *
En van Douglas Adams: Die hotelwinkel net het twee goeie boeke, en ek het
albei van hulle geskryf.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van BrianB:
Sipho tree na 30 jaar uit sy werk met pensioen.
Hy het elke dag in sy diens vir sy kwaai baas koffie geneem. Die baas se
kantoor is op die 1 ste verdieping. Op die laaste dag probeer die baas
gaaf wees en sê: 'Sipho, al die jare het ek gesien dat jy nie een keer
koffie gemors het terwyl jy met die trappe opklim nie. Hoe het jy dit
reggekry?" Sipho antwoord: "Voor ek die trappe begin klim, vat ek 'n GROOT
sluk koffie. Dan klim ek die trappe met 'n beker wat nie vol is nie. As ek
bo kom sit ek die koffie weer terug in die beker...'
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van FredS:
Dis amper verkiesing en 'n sekere belangrike ANC-politikus besoek `n boer
om aan hom te verduidelik watter voordele daar is om ANC te stem. Terwyl
hy met die boer staan en praat is daar heeltyd `n klompie vlieë wat om sy
kop draai. Die boer kan sien dat die politikus geïrriteerd begin raak en sê:
'Verskoon asseblief, hierdie soort vliegies is maar lastig by ons. Ons noem
hulle sirkelvlieë, want hulle sirkel altyd om die hope beesmis'. Die politikus
raak vreeslik kwaad en wil weet of die boer sê dat hy `n bol beesmis is. Die
arme boer vra vreeslik om verskoning en benadruk dat hy nooit sal droom
om so iets eers te dink nie en dat hy net die hoogste respek vir die politikus
het. En voeg toe by: 'Dit lyk net of die vliegies bietjie sukkel om onderskeid
te tref'.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Wyshede oor musiek, uit just-one-liners.com:
* Mans wat luister na klassieke musiek is geneig om nie te spoeg nie. - Rita
Rudner (1953 - ) komediant, danser & skrywer
* Doedelsakke klink presies dieselfde wanneer jy klaar geleer het om hulle
te speel as wanneer jy begin. - Thomas Beecham (1879 - 1961) Engelse
dirigent
* Musiek met ete is 'n belediging vir beide die kok en die violis. - G.K.
Chesterton (1874 - 1936) Engels skrywer
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Uit Bybel.co.za:
Neig julle oor en kom na My toe, luister, en julle siel sal lewe; Ek wil met
julle
´n ewige verbond sluit: die bestendige genadebewyse van Dawid. - Jes. 61:8
-----------------------------
*** Ons blad op Facebook is verander van 'n blad na 'n groep. Jy word
genooi om by die groep aan te sluit. Gaan kyk gerus op Facebook by
skoongrappies dot com.
*** Ek soek nog grappies vir die Junie-uitgawes. Stuur jou bydrae vir die
grapkas aan: griesel (by) regtewoord.co.za
*** Jy is welkom om gratis van die grappies gebruik te maak in jou
radioprogram, nuusbrief of koerant. Gee net asb. 'n verwysing na
http://skoongrappies.com ;
*** Het jy vriende wat ook van grappies hou? Ons soek nuwe lede. Laat hom
of haar gerus weet om in te teken op http://skoongrappies.com ;
*** Vir skoon humor in Afrikaans en Nederlands, teken in op Griesel se
Graplys. Gaan na http://skoongrappies.com. Jy kan op dieselfde plek jou ;
voorkeure verander (bv. afskakel vir die vakansie) en na vorige uitgawes van
die grapkas kyk.