[grapkas] Nuwe trein

  • From: "Gerhard Griesel" <griesel@xxxxxxxxxxxx>
  • To: grapkas@xxxxxxxxxxxxx
  • Date: Tue, 22 Sep 2015 08:45:38 +0200

Van HermanH, uit Clean Laffs:

Hier in Kalifornië begin hulle met die konstruksie van 'n hoëspoedtrein
wat mense in staat sal stel om van LA na San Francisco in minder as drie
uur te reis. Totdat dit gebou is sal ons maar tevrede moet wees om soontoe
te vlieg in 90 minute. - Jimmy Kimmel

***

Die FDA waarsku New Yorkers oor Chinese kos ná 'n groot verspreider in
Brooklyn gevang is met rotte en voëls in bokse bestanddele. Die verspreider
sê dis 'n misverstand - daardie goed IS die bestanddele.' - Seth Meyers

***

'n Ou in die Onderwysdepartement het blykbaar vir 25 jaar nie vir werk
opgedaag nie. Uiteindelik het hulle hom afgedank. So, laat dit vir julle
kinders
daar buite 'n les wees! As jy vir 25 jaar nie werk toe gaan nie, gaan jy
afgedank word. - Dave Letterman

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Hier is 'n paar wêreldbekergrappies.

Ken jy nog? Stuur vir my nog wêreldbekergrappies in teks aan, dan stuur ek
hulle volgende week uit.

(Vir ons Nederlandse vriende: Die Springbokploeg van ZA het Saterdag in
hul eerste wedstryd van die Wêreldbeker 'n skokkende nederlaag teen
Japan gely).

* Boekgeskenk aan Heyneke Meyer: 'Rugby for Dummies'

* Kommentaar deur Heyneke Meyer: 'Ek het mos gesê dit gaan 'n historiese
wedstryd wees.'

* Kommentaar uit die ouetehuis: 'Ek hou ook nie van Victor Matfield nie.
Hy het op skool met my uitgegaan.'

* Heyneke Meyer by tweerigtingradio: 'Snorre kom in... Snorre kom in... Gee
my bietjie raad. Wat moet ek maak?'

* Uit: www.quotesandjokes.co.za: Heyneke Meyer is genooi na Aspoestertjie
se bal. Hy gaan glo as ´n pampoen. Wanneer die klok middernag slaan hoop
hy om in ´n coach te verander.

* Uit Sickipedia.org: Heyneke Meyer se wedstrydplan word in die geheim
'Zimbabwe' genoem. 'n Hele klomp wit ouens gee alles weg wat hulle het, en
bied geen weerstand nie.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

'n Werklike antwoord uit 'n onlangse vraestel:

Wat is 'cloud computing'? Antwoord: Dit voorspel die weer.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van ManuB, uit De Druivelaar:

(Afrikaners: chauffeur - bestuurder; even = bietjie; alvast = alreeds;
krenterigheid = suinigheid; balie = toonbank)

Een duidelijk dronken chauffeur wordt tegengehouden door de politie en
gevraagd om mee te werken aan de alcoholcontrole. - Mag ik dan eerst even
mijn bril afzetten? vraagt hij. - Zeker, mijnheer waarom? - Dat zijn alvast
twee
glazen minder.

* * *

Joos is voor de zesde keer vader geworden. - Hoe rijm je dat eigenlijk met
Hollandse krenterigheid? vraagt een vriend van hem. - Ach ja, we hadden
nog papierenluiers over, zucht Joos.

* * *

Moeder: Waarom wil je niet met Bellens trouwen? Dochter: Maar Ma, hij is
oud, lelijk, karakterloos ... Er is werkelijk niets dat in zijn voordeel
spreekt,
behalve zijn rijkdom! Moeder: Je vergeet zijn hartkwaal!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

SMS aan die radio:

As hulle Zoeloe aanbied, moet dit Buthelezi se Zoeloe wees, nie Zuma s'n
nie. Buthelezi noem 'n swembad 'n swembad, Zuma noem dit 'n vuurpoel.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van NielenH:

Gatiep hoor die regering het aangekondig dat as jy vyf kinders het, jy
outomaties 'n salarisverhoging van R5000 het. Hy sê vir sy vrou, 'Daai's mos
oraait man, nou kan ek djou ve'tel van daai laaitie wat ek by daai girl in
Elsies gehêttet, ek sal hom ga' haal solat hy hie by ons saam met ons 4
laaities kan kom bly, solat ek kan qualify....' Die volgende dag toe hy by die
huis kom met die laaitie, vra hy vir sy vrou: 'Wa's die anner vier kinners?'
Toe
antwoord sy vrou: 'Djy's nie die enigste een wat die nuus geho hettie, hulle
se pa's het vi hulle ok ko' haal...'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Grappe uit ons argief, van 10 September 2005:

Uit Clean Laffs <ezine@xxxxxxxxxxxxxxxxx:

Kies altyd vir jou kind 'n naam wat op 'n vokaal eindig. Dan trek die
klank verder as jy op hom skree. - Bill Cosby

* * *

Bazielgrappies van ManuB:

Zulma lag op sterven. De verpleegster had een brandende kaars in haar
handen gestopt. Zei Baziel: Zulma, os je wil dood goan, je zoed er beter e
gedacht van maken, want anders go je nog je' n pooten verbranden ».

* * *

Lekkergoedgrappie van RiaanC:

Twee mint imperials slaan vir jellytot. Hoekom help jy nie? vra chappie
vir smartie. Is jy bedinges? Sê smartie, die ouens is mentol!

* * *

Van DouwevdV:

Twee Schotten verlaten hun stamkroeg na een stevige borrel. Terwijl ze
over straat zwalken, roept de ene: 'Wat gek, ik zie alles dubbel!' Waarop
de andere Schot gelijk zijn portemonnee pakt en een bankbiljet van een
pond geeft met de woorden: 'Hier heb je de twee pond terug die ik van je
geleend heb!'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede vir die week:

(Afrikaners: vaak = dikwels; raam = venster)

* De leugens die een volk uitvindt geven vaak uitdrukking aan een dieper
liggende waarheid. - Mario Vargas Llosa

* Een kindertand is gauw gevuld. - Willem van Os

* Er is maar één manier om te blijven beminnen: steeds weer van voor af
aan beginnen. - K Bruin

* Een raam op de straat is een theater waard. - Jules Renard

------------------------------------------

*** Gaan kyk gerus na bekende onderwysman, Streis Wahl, se blog oor
onderwysstaaltjies. Daar vertel hy staaltjies uit sy onderwysloopbaan op 'n
komiese manier. Die wat dit lees getuig dat hulle dit baie geniet.

Die skakel is:

http://onderwysstaaltjies.wordpress.com

*** Al my grappies kom van lyslede. As jy 'n nuwe skoon grap gehoor het,
stuur dit vir my asseblief. Veral grappies in Afrikaans is op die oomblik min!


*** Vir 'n webblad met 'n klomp handige soekenjins daarop, gaan kyk by
http://skoongrappies.com/senjins.html Kyk hoe die kleure van die webblad
verander elke keer wat jy dit besoek.

*** Het jy enige vriende wat miskien op hierdie graplys sal wil inteken? Laat
weet hulle asb. van die lys.

*** Skoon grappe in Afrikaans en Nederlands! Gaan na
http://skoongrappies.com en teken daar in.

*** Is jy 'n seremoniemeester op 'n troue? Vir geskikte skoon grappe gaan
na http://grappies.com en volg die stappe om meer as 100 goeie grappe te
bestel.


Other related posts:

  • » [grapkas] Nuwe trein - Gerhard Griesel