Goeie dag almal.
Ek vetrou dit gaan goed met almal.
As jy in Pretoria woonagtig is, sal die breakfast run uitstappie jou dalk
intereser.
Die CMM (Christian Motorcyclists Moreleta), wil graag weer siggestemdes vir 'n
breakfast run in 2017 uitneem en wil die woord vroegtydig versprei.
Soos gewoonlik, gaan elke blinde / swaksiende persoon met 'n "bike" opgelaai
word by hul woonplekke en dan vir 'n joyride gevat word tot by die "brekfis"
bestemming. Ons gaan dan weer lekker smul aan 'n brekkie en dan word ons terug
gevat huis toe, weer op die bike.
Die detail vir die uitstappie is soos volg:
Datum:
27 Mei 2017
Tyd:
8:00 - 13:00
Brekfis plek:
Bronberg Restaurant.
Kostes:
R70 p/p vir die brekkie. Die bikerit is "Mahala".
Spyskaart:
Buffet ontbyt: Muesli; vrugte slaai en jogurt; Pap; roer eiers; spek; hoender
lewertjies; boerewors en sheba; gebraaide tamatie; roosterbrood met kaas en
konfyt; vrugtesap; koffie en tee.
RSVP:
Jou bespreking sal bevestig word as jou R70 voor of op 5 Mei 2017 in die bank
rekening inbetaal is.
Bankbesonderhede:
Jakaranda Sosiale Klub
Nedbank
Pretoria Noord
Kode: 15974500
Rekening no: 1601023456
Verwysing - Gebruik die word "Bike" gevolg deur jou naam en van. Byvoorbeeld -
Bike Odette Guli
Indien jy sou belangstel om die uitstappie mee te maak, stuur asb die volgende
besonderhede aan my.
1. Jou woonadres;
2. Kontak nommer;
3. Jou gewig
4. Jou kopmate in cm - vir die helmet.
Baie belangrik
Weens veiligheidsredes is daar versoek dat diegene wat op die motorfietse wil
ry, 'n maksimum van 90kg mag weeg en ouer as 16 jaar oud.
As daar persone is wat die funksie wil bywoon, maar nie op die motorfietse wil
ry nie, laat weet my asb. Daar mag dalk moontlik 'n ander opsie wees.
As daar enige vrae is aangaande die bogenoemde, skakel my asb gerus by 082 992
2050.
Versprei asseblief die woord aan jul siggestremde vriende en familie.
Nou ja, ek wag in spanning om van julle te hoor.
Groete
Odette
This e-mail is classified C2 - Vodacom Restricted - Information to be used
inside Vodacom but it may be shared with authorised partners.
This e-mail is sent on the Terms and Conditions that can be accessed by
Clicking on this link https://webmail.vodacom.co.za/tc/default.html " ;