Gesien op Facebook:
My vrou kla dat sy sedert Covid begin het by haar werk seksueel geteister
word. Ek moet byvoeg: Sy werk van die huis af.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van HermanH, uit Daily Groaner:
'n Veroordeelde misdadiger het tien jaar sonder parool gekry vir sy jongste
misdaad. Na twee jaar in die tronk slaag hy toe daarin om te ontsnap. Sy
ontsnapping is die hoofitem op die sesuurnuus. Omdat hy versigtig moes
wees sluip hy toe huis toe via agterstraatjies en verlate woonbuurtes, en
neem alle voorsorgmaatreëls waaraan hy kan dink. Uiteindelik kom hy by sy
huis aan en hy lui die deurklokkie. Sy vrou maak die deur oop en skree
dadelik: 'Jou slegte nikswerd! Waar was jy? Jy het meer as ses uur gelede
ontsnap en jy kom nou eers hier aan!!'
~~~~~~~~~~~~~~~
Van ManuB. uit De Druivelaar:
(Afrikaners: tenen = tone)
Willem kwam op een dag vroeger dan normaal naar huis en zag dat zijn
vrouw de aardappelen aan het schillen was. Hij wou haar verras en liep op
zijn tenen tot achter haar en gaf haar een kus in haar hals. Zonder op te
kijken zei ze: 'Vandaag maar één liter, melkboer!'
~~~~~~~~~~~~~~~
Kwinkslae, vertaal uit wisesayings.com:
* Kranksinnigheid loop in my gesin. Dit galop feitlik. - Cary Grant
* Rose is rooi, viooltjies is blou, ek's 'n skisofreen, en ek ook. - Oscar
Levant
~~~~~~~~~~~~~~~
Wyshede vir die week:
* Die grootste sekuriteit vir Israel is om nuwe Egiptes te skep. - Ronald
Reagan
* Die wêreld is vol gewillige mense. Sommige is gewillig om te werk, die res
is gewillig om hulle te laat werl. - Robert Frost
* Geleenthede word dikwels misgekyk omdat hulle soos werk lyk en
oorpakke aan het. - Thomas Edison
* Ek is die werkende man se vriend. Eerder sy vriend as om self een te
wees. - Clarence Darrow
* Ek spandeer soveel tyd aan niksdoen dat ek nie tyd kry om te werk nie. -
Pierre Reverdy