Van BrianB:
Baas tel 'n pen in die gang op en vra sy blonde sekretaresse of dit dalk haar
pen is. Sy vat die pen, skryf 'n paar woorde daarmee en sê: 'Ja dis myne.'
Baas vra: 'Hoe weet jy dit?' Blondine: 'Want dis my handskrif.'
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van HermanH, uit Clean Laffs:
As jy iets liefhet, stel dit vry. As dit terugkom, sal dit altyd joue wees. As
dit
nie terugkom nie, dan was dit in elk geval nooit joune nie. Maar, as dit net in
jou sitkamer rondsit, jou goed bemors, jou kos opeet, jou internet opgebruik,
jou geld `leen´, en nie eens besef dat jy dit vrygestel het nie... Dan is jy
met
hom getroud of jy het daaraan geboorte gegee.
* * *
Vandag is Aardedag. Omgewingskundiges spandeer die dag om die aandag
op Die Aarde te vestig. Die aarde spandeer die dag op Facebook om te sien
of die ander planete hom `n gelukkige Aardedag toegewens het. - Jimmy
Fallon
***
Ken en Melba is klaar met hul ontbyt by die aftreeoord. `Jy weet,´ sê Melba,
'vandag, in die meeste huwelikseremonies, gebruik hulle nie meer die woord
'gehoorsaam' nie...' `Jammer, nie waar nie?' antwoord Ken, `Dit het darem
'n bietjie humor aan die geleentheid verleen.´
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Zsa Zsa Gabor is onlangs op 99 oorlede. Hier is van haar pittige sêgoed, na
Afrikaans vertaal. (Sommige daarvan was al op ons lys) Uit brainyquote.com
en www.azquotes.com:
* Ek noem almal 'Darling' omdat ek nie hul name kan onthou nie. - Zsa Zsa
Gabor
* Conrad Hilton was baie toegeeflik teenoor my in die egskeidingsgeding. Hy
het my 5 000 Gideonbybels gegee. - Zsa Zsa Gabor
* Ek het nog nooit 'n man genoeg gehaat om hom sy diamante terug te gee
nie. - Zsa Zsa Gabor
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Miskien doen jy vanjaar aansoek vir 'n nuwe werk. Glipse tydens
werksonderhoude, uit skepticlawyer.com.au:
* Kandidaat antwoord selfoon en vra die onderhoudvoerder om die kantoor
te verlaat omdat dit 'n `private´ gesprek is.
* Aansoeker sê aan die onderhoudvoerder hy sal nie in staat wees om lank
by die maatskappy te werk nie omdat hy verwag om goed te erf as sy oom
sterf - en sy oom `lyk nie te goed nie´.
* Die werksoeker vra die onderhoudvoerder vir 'n geleentheid huis toe ná die
onderhoud.
* Die applikant ruik onder sy armholtes tydens die onderhoud.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Uit www.stewardshipoflife.org:
'n Predikant is haaks met sy kerkraad oor verskeie sake, insluitende die
finansies. Na 'n tyd kry hy tot sy en die kerkraad se vreugde uiteindelik 'n
beroep - as gevangeniskapelaan. Hy preek toe sy afskeidspreek uit die
volgende teks: Johannes 14:1: `Ek gaan vir julle 'n plek voorberei.´
* * *
By die diens oor sendingwerk lewer die gemeente se rykste lidmaat
getuienis. `Ek is 'n biljoenêr,´ sê hy, `en ek skryf dit toe aan 'n draaipunt
in
my lewe. Ek kan steeds soos gister onthou: Ek het pas my eerste dollar
verdien, en toe gaan ek na 'n diens nes vanoggend. Die spreker was 'n
sendeling wat oor sy werk gepraat het. Ek het geweet dat, al het ek net 'n
paar dollar, ek alles moet gee vir sy sendingprojek. Ek glo dat die Here
daardie besluit geseën het, daarom is ek vandag 'n ryk man.´ Toe hy klaar is
en gaan sit, sê 'n seuntjie opgewonde: 'Oom moet dit weer doen!'
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Uit http://www.rd.com:
Ek eet 'n glutenvrye, laktosevrye, lae carb-pizza vir ete vanaand - 'n rou
tamatie.
* * *
Toe ek 'n kind was het my familie my met kameras bestook. Ek het nog
steeds terugflitse. - Stewart Francis
* * *
Daar is net twee soorte rekenaars in die wêreld: die wat jou kosbare tyd
mors, en die wat jou kosbare tyd vinniger mors. - Onbekend
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Wyshede vir die week.
* Die eerste wysheid is ingestuur deur JuanvS. Dis een wat sy dogter
kwytgeraak het: 'Mans is net soos winkelwors. Daar's 'n bietjie vark in
altwee.'
* Dan uit www.citaten.nl: Als je geen illusies hebt over het leven na de dood,
heb je ze wel over de oude dag. - Renate Rubinstein
* Een gek heeft af en toe per ongeluk gelijk. - William Cowper-
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Bybelteks:
Want met vreugde sal julle uittrek en met vrede gelei word; die berge en
heuwels sal voor julle in gejubel uitbreek, en al die bome van die veld in die
hande klap.
-------------------------
*** Het jy 'n Facebook-rekening? Sluit gerus aan by ons groep op Facebook:
skoongrappies dot com. Daar is volop humor in Afrikaans en Nederlands.
*** Jy is welkom om gratis van die grappe gebruik te maak in jou
radioprogram, nuusbrief of koerant. Gee net asb. 'n verwysing na
http://skoongrappies.com ;
*** Het jy vriende wat ook van grappe hou? Ons soek nuwe lede. Laat hom
of haar gerus weet om in te teken op http://skoongrappies.com ;
*** Vir skoon humor in Afrikaans en Nederlands, teken in op Griesel se
Graplys! Gaan na http://skoongrappies.com. Jy kan op dieselfde plek jou ;
voorkeure verander (bv. afskakel vir die vakansie) en kyk na vorige uitgawes
van die grapkas.
*** As jy gereeld hierdie grappies aanstuur na jou vriende, vra hulle of hulle
nie sommer self wil inteken nie. Ons soek gedurig nuwe lede.
*** Ek is steeds op soek na 'n goeie kopie van 'Fiksdans' van Janet Sloane.
Dis 'n ou vinielplaat uit die vroeë tagtigerjare. Kan iemand dalk help? Kontak
my persoonlik by griesel (by) regtewoord . co . za